392
DIE KONING VAN DIE EEUE
as julle geloof het soos ’n mosterdsaad, sal julle vir hierdie berg sê:
Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir
julle onmoontlik wees nie. Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe
deur gebed en vas nie.” Hulle ongeloof wat hulle weggehou het van
daardie dieper gemeenskap met Christus, en die onverskillig- heid
waarmee hulle die heilige werk opgeneem het wat aan hulle gegee
is — dit was die oorsaak van hulle onmag in die stryd met die magte
van die duisternis.
Die woorde van Christus wat verwys het na Sy dood, het droef-
heid en twyfel veroorsaak. En die keuse van die drie dissipels om
saam met Jesus op die berg te gaan, het jaloesie onder die nege laat
ontstaan. Pleks van hulle geloof te versterk deur vas en gebed en
bepeinsing van die woorde van Christus, het hulle gedink aan hulle
teleurstelling en hulle persoonlike griewe. In daardie toestand van
duisternis het hulle die stryd met die Satan aangeknoop.
Om die oorwinning te behaal in so ’n stryd sal hulle in ’n ander
gees te werk moet gaan. Hulle geloof moet versterk word deur vurige
gebed en vas en verootmoediging. Hulle moet ontledig wees van
selfsug, en vervul wees met die Gees en krag van God. Ernstige
volharding in geloof en smeking tot God — geloof wat volkome
vertrou op God, en ’n algehele toewyding aan Sy werk — dit alleen
sal die hulp van die Heilige Gees aan mense bring in hulle stryd teen
ower- hede en magte en werkers van die duisternis van hierdie eeu,
en teen bose magte in die lug.
“
As julle geloof het soos ’n mosterdsaad,” het Jesus gesê, “sal
julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy
sal weggaan.” Hoewel die mosterdsaad so klein is, het dit nogtans
daardie misterieuse groeikrag wat dit laat ontwikkel tot ’n groot
boom. Wanneer die mosterdsaad in die grond kom, maak die kiem
gebruik van al die elemente wat God daargestel het vir sy voeding,
[441]
en dit groei vinnig. As lí geloof soos ’n mosterdsaad het, sal u Gods
Woord aanneem en gebruik maak van al die hulpmiddels wat Hy
voorsien het. So sal u geloof sterk word en aan u die hulp van die
mag van die hemel bring. Die struikelblokke wat die Satan in u
weg lê, al lyk hulle ook so onoorkomelik soos die ewige berge, sal
verdwyn voor sulke geloof. “Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”
[442]