Page 395 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Diens
391
en krag bring sodat ons kan staan teen die magte van die duisternis.
In Christus is voorsiening gemaak vir die onderdrukking van elke
sondige neiging, en om elke versoeking te weerstaan, hoe sterk dit
ook al mag wees. Maar vele voel dat hulle nie geloof het nie, en
daarom kom hulle nie na Christus toe nie. Laat hierdie siele in hulle
hulpelose onwaardigheid hulle op die genade van hulle ontfermende
Heiland werp. Moenie na uself kyk nie, maar na Christus. Hy wat
die siekes genees, en duiwels uitgewerp het toe Hy onder die mense
gewandel het, is vandag nog dieselfde magtige Verlosser. Die geloof
kom deur die Woord van God. Neem Sy belofte aan, “Ek sal hom
wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.” Joh. 6: 37. Werp uself aan
Sy voete neer met die smeekbede, “Ek glo, Here, kom my ongeloof
te hulp.” U kan nooit vergaan as u dit doen nie —- nee, nooit nie.
In daardie kort tydjie het die begunstigde dissipels die uiterstes
van heerlikheid en van vernedering gesien. Hulle het die mens ge-
sien soos verander in die beeld van God, en soos verlaag tot die
beeid van die Satan. Van die berg waar Hy in gesprek was met die
hemelse bood- skappers, en aangekondig is as die Seun van God
deur die stem uit die heerlikheid, het hulle Jesus gesien afdaal om die
mees weersin- wekkende skouspel te sien, die maansieke seun, met
verwronge gesig, knersende tande, en in stuiptrekkings waaruit geen
menslike mag hom kon verlos nie. En hierdie magtige Verlosser,
wat slegs ’n paar uur tevore voor Sy verbaasde dissipels verheerlik
is, buig nou neer om die slagoffer van die Satan op te rig van die
grond waar hy gelê het, gesond in verstand en liggaam, om hom aan
sy vader en sy huis terug te gee.
[439]
Dit was ’n aanskoulike les van die verlossing — die goddelike
Een wat gekom het van die Vader se heerlikheid, neerbuigende om
die verlorene te red. Dit was ook ’n voorstelling van die sending
van die dissipels. Nie net daar op die top van die berg, in tye van
geestelike verligting, moet die diensknegte van Christus dien nie.
[440]
Daar is werk vir hulle om te doen ook onder in die vlaktes. Siele wat
in die mag van die Satan is, wag op die woord van geloof en gebed
om hulle vry te maak.
Die nege dissipels het nog steeds gepeins oor die bittere feit van
hulle onmag; en toe hulle weereens by Jesus alleen was, het hulle
Hom gevra: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?” Jesus het hulle
geantwoord, “Deur julle ongeloof; want voorwaar Ek sê vir julle,