390
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die seun is gebring, en toe die Heiland se oë op hom val, het die
bose gees hom op die grond neergegooi in stuiptrekkings. Daar het
hy gelê en vreeslik geskreeu met skuim om sy mond.
Weereens het die Vors van die lewe en die vors van die duisternis
teenoor mekaar in die stryd gestaan -— Christus in vervulling van
Sy sending om “aan gevangene vrylating te verkondig . . . om die
wat gebroke is, in vryheid weg te stuur” (Lukas 4: 19), die Satan
soekende om sy slagoffer in sy mag vas te hou. Engele van lig, en
leërskare van bose engele het onsigbaar naby gekom om die stryd
te aanskou. Vir ’n oomblik het Jesus die bose gees toegelaat om sy
mag te toon, sodat die toeskouers die verlossing kon verstaan wat
sou plaasvind.
Die skare het met gespanne aandag gestaan en kyk, en die vader
in angs van hoop en vrees. Jesus het gevra, “Hoelank is dit al dat dit
hom oorgekom het?” Die vader het die verhaal vertel van die lange
jare van lyding, en toe, asof hy dit nie langer kon uithou nie, het hy
uitgeroep, “As U iets kan doen, help en ontferm U oor ons.” “As U
iets kan doen!”—selfs nou nog het die vader getwyfel aan die mag
van Christus.
Jesus antwoord, “As jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een
wat glo.” Daar is geen tekort aan krag by Jesus nie; die genesing van
die seun hang af van die vader se geloof. Die vader het, toe hy sy eie
swakheid besef, in trane uitgebars, en homself op Christus se genade
beroep en gesê, “Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!” Jesus het
Hom tot die lydende gewend en gesê, “Jou stomme en dowe gees,
Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.”
[438]
Daar was ’n kreet en ’n heftige worsteling. Toe die duiwel uitkom,
het dit geskyn of hy die lewe uit sy slagoffer wou skeur. Toe het
die seun stil gelê, skynbaar leweloos. Die skare het gefluister, “Hy
is dood.” Maar Jesus het hom aan die hand geneem, hom opgerig,
en aan sy vader gegee, heeltemal gesond in verstand en liggaam.
Vader en seun het die Naam van hulle Verlosser geloof. Die skare
“
was verslae oor die majesteit van God,” terwyl die skrifgeleerdes,
verslaan en bek-af, weggesluip het.
“
As U iets kan doen, help ons en ontferm U oor ons.” Hoe baie
met sonde belaste siele het al daardie gebed gebid. En aan almal,
sê die ontfermende Heiland, “As jy kan glo, alle dinge is moontlik
vir die een wat glo.” Dit is geloof wat ons met die hemel verbind