Diens
389
duiwel wat hom gekwel het. Mag oor onreine geeste, om hulle uit
te werp, is aan die dissipels gegee toe Jesus die twaalf uitgestuur
het om in Galilea te preek. Toe hulle in groot geloof uitgegaan
het, het die bose geeste hulle woord gehoorsaam. In hierdie geval
het hulle die kwellende gees in die Naam van Christus beveel om
uit te gaan uit sy slagoffer, maar die duiwel het hulle bespot met
’
n nog groter openbaring van sy krag. Die dissipels, wat nie hulle
onmag kon verklaar nie, het gevoel dat hulle oneer gebring het op
hulleself en hulle Meester. En onder die skare was skrifgeleerdes
wat hulle kans waargeneem het om hulle te verneder. Hulle het hulle
om die dissipels geskaar en hulle bestook met vrae, met die doel om
te bewys dat hulle en hulle Meester be- drieërs was. Hier, het die
rabbi’s triomfantlik gesê, is ’n bose gees wat nòg die dissipels nòg
Christus kan gebied. Die skare was geneig om kant te kies vir die
skrifgeleerdes, en ’n gevoel van veragting het onder hulle geheers.
Maar skielik het hulle hulle beskuldiging gestaak, want Jesus
en die drie dissipels het aangekom; die mense het van gevoelens
verander en hulle tegemoetgegaan. Die nag van gemeenskap met die
hemelse heerlikheid het sy merk op Jesus en Sy metgeselle gemaak.
Hulle gesigte het geblink met ’n lig wat eerbied ingeboesem het by
die aanskouers. Die skrifgeleerdes het vreesbevange teruggedeins
onderwyl die mense Jesus verwelkom het.
Asof Hy alles gesien het wat daar plaasgevind het, het die Hei-
land in die strydperk verskyn; Hy het Sy oë op die skrifgeleerdes
gevestig en gevra, “Waarom redetwis julle met hulle?”
[437]
Maar die stemme wat eers so vermetel en uitdagend was, was nou
stil. Daar het stilte oor die hele skare gekom. Toe het die bedroefde
vader sy weg deur die skare gebaan, en vallende op sy knieë voor
Jesus, het hy Hom vertel van sy moeilikheid en teleurstelling.
“
Meester,” het hy gesê, “ek het my seun wat ’n stomme gees het,
na U gebring; en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom . . . en ek
het vir U dissipels gesê om hom uit te dryf, en hulle kon nie.”
Jesus het rondgekyk op die eerbiedige skare, op die vitterige
skrif- geleerdes, en die verbysterde dissipels. Hy het die ongeloof in
elke hart gelees; en in droefheid het Hy uitgeroep, “o Ongelowige
geslag, hoelank sal Ek by julle wees, hoelank sal Ek julle verdra?
Toe het Hy aan die vader gesê, Bring hom na My toe.”