Page 392 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Diens
HULLE het die hele nag op die berg deurgebring, en toe die son
opkom, het Jesus en Sy dissipels na die vlakte afgedaal. Besig met
hulle eie gedagtes, was die dissipels bang en stil. Selfs Petrus het
geen woord te sê gehad nie. Baie graag sou hulle in daardie heilige
plek gebly het wat verlig was met die lig van die hemel, en waar die
Seun van God Sy heerlikheid geopenbaar het; maar daar was werk
om te doen vir die mense wat reeds orals rond gesoek het na Jesus.
By die voet van die berg het ’n groot skare vergader, daarheen
gelei deur die dissipels wat agtergebly het—hulle het geweet waar-
heen Jesus gegaan het. Toe die Heiland naby hulle kom, het Hy
Sy drie metgeselle opdrag gegee om niks te sê van wat hulle ge-
sien het nie, en gesê, “Julle moet vir niemand iets van die gesig sê
voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie” Die
openbaring wat aan die dissipels gegee is, moes hulle in hulle eie
harte oorpeins, maar dit moes nie rugbaar gemaak word nie. Om
dit aan die skare te vertel sou bespotting uitgelok het of ydele nuus-
kierigheid. En selfs die nege ander apostels sou die verskyning nie
verstaan voordat Christus uit die dode opgestaan het nie. Hoe traag
selfs die drie begunstigde dissipels was, word gesien in die feit dat
hulle, ondanks alles wat Christus gesê het wat Hy moes deurmaak,
[436]
nog onder mekaar bespreek het wat opstanding uit die dood tog kon
beteken. Hulle het egter geen verduideliking van Jesus gevra nie. Sy
woorde oor die toekoms het hulle met droefheid vervul; hulle het
geen verdere openbaring gevra oor dinge wat hulle gehoop het wat
nooit sou plaasvind nie.
Toe die mense op die vlakte Jesus sien, het hulle Hom tegemoet-
gegaan, en Hom eerbiedig en blymoedig gegroet. Maar Hy het gou
gemerk dat hulle in groot moeilikheid verkeer het. Die dissipels het
ontsteld gelyk. Daar het iets gebeur wat hulle groot teleurstelling en
vernedering veroorsaak het,
Onderwyl hulle aan die voet van die berg gewag het, het ’n
vader sy maansieke seun na hulle gebring vir die uitwerping van die
388