Die Verheerliking
387
Maar nogtans het hulle baie lig ontvang. Hulle is verseker dat
die hemel bewus was van die sonde van die Joodse volk in hulle
verwerping van Christus. Hulle het ’n dieper insig gekry in die werk
van die Verlosser. Hulle het met hulle oë gesien en met hulle ore
gehoor, dinge wat bokant die verstand van mense was. Hulle was
“
aanskouers van Sy majesteit” (2 Pet. 1: 16), en hulle het besef dat
Jesus inder- waarheid die Messias is van wie die patriarge en profete
getuig het, en dat Hy so erken is deur die hemelse heelal.
[434]
Terwyl hulle nog gekyk het na die toneel op die berg, “oordek ’n
helder-ligte wolk hulle meteens, en daar sê ’n stem uit die wolk: Dit
is My geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het. Luister na Hom!”
Toe hulle die wolk van heerlikheid sien, heerliker as die wat voor
die stamme van Israel in die woestyn getrek het, en toe hulle die
stem van God hoor spreek in vreeslike majesteit wat die berg laat
beef het, het die dissipels op die aarde neergeval. Hulle het plat bly
lê, met hulle gesigte bedek, totdat Jesus gekom en hulle aangeraak
en hulle vrees verban het met Sy welbekende stem, “Staan op en
moenie bang wees nie.” Toe hulle eindelik opkyk, het hulle gesien
dat die hemelse heerlikheid weg was, en dat Moses en Elia verdwyn
het. Hulle was op die berg, alleen met Jesus.
[435]