386
DIE KONING VAN DIE EEUE
dissipels is oortuig dat Moses en Elia gestuur is om hulle Meester te
beskerm, en om Sy gesag te bevestig as koning.
Maar vóór die kroon moet die kruis kom. Nie die oprigting van
n koninkryk nie, maar die dood te Jerusalem — dit is die onderwerp
van hulle gesprek met Jesus. Onder die las van die swakheid van die
mensdom, en die droefheid en die sonde, het Jesus alleen gewandel
[432]
[433]
onder die mense. Namate die duisternis van die aanstaande lyde
Hom beklem het, was Hy in eensaamheid van die gees in ’n wêreld
wat Hom nie geken het nie. Selfs Sy geliefde dissipels, verdiep in
hulle twyfel- moedigheid, droefheid, en eersugtige hoop, het nie die
verborgenheid van Sy sending verstaan nie. Hy het gewoon in die
liefde en gemeenskap van die hemel, maar in die wêreld wat Hy
gemaak het, was Hy in eensaamheid. Nou het die hemel sy bood-
skappers na Jesus gestuur; nie engele nie, maar mense wat lyding
en verdriet geken het, en wat met die Heiland kon simpatiseer in die
beproewing van Sy aardse lewe. Moses en Elia was medewerkers
van Christus. Hulle het gedeel in Sy verlange vir die redding van
die mens. Moses het gepleit vir Israel: “Nou dan, as U tog maar
hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit U boek
wat U geskryf het.” Exod. 32: 32. Elia het geweet wat eensaamheid
beteken, want gedurende die drie en ’n half jaar hongersnood moes
hy die haat en die eilende van die volk verduur. Alleen het hy ge-
staan op Karmel. Alleen het hy in wanhoop in die woestyn gevlug.
Hierdie manne, gekies bo al die engele rondom die troon, het gekom
om met Jesus te spreek oor Sy lyde, en om Hom te vertroos met
die versekering van die medelyde van die hemel. Die hoop van die
wêreld, die saligheid van elke mensekind, dit was die dinge waaroor
die onderhoud gegaan het.
Omdat hulle deur die slaap oorval is, het die dissipels min ge-
hoor van wat daar omgegaan het tussen Christus en die hemelse
boodskappers. Omdat hulle nagelaat het om te waak en te bid, het
hulle nie ontvang wat God hulle graag wou gee nie — naamlik ’n
kennis van die lyde van Christus en die heerlikheid daarna. Hulle
het die seën gemis wat hulle s’n kon gewees het as hulle in Sy seff
opoffering gedeel het. Traag van hart om te glo, was hierdie dissi-
pels, en min het hulle verstaan met watter skat die hemel hulle wou
verryk.