Page 389 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Verheerliking
385
en ’die goeie land sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie
bergland en die Libanon” (Deut. 3: 25), is geweier. Die hoop wat vir
veertig jaar die duisternis van die woestynomswerwing verlig het,
moes ge- weier word. ’n Graf in die woestyn—dit was die einddoel
van daardie jare van sorge en geswoeg. Maar Hy “wat mag het om
te doen ver bo alles wat ons bid of dink” (Efe. 3: 20), het in ’n
[431]
mate die gebed van Sy kneg verhoor. Moses moes die dood smaak,
maar hy sou nie in sy graf bly nie. Christus self het hom in die
lewe teruggeroep. Satan, die versoeker, het aanspraak gemaak op die
liggaam van Moses weens sy sonde, maar Christus, die Verlosser,
het hom uit die graf opgewek. (Judas 9.)
Op die berg van verheerliking was Moses die getuie van Christus
se oorwinning oor die sonde en die dood. Hy stel diegene voor
wat uit hulle grafte tevoorskyn sal kom by die opstanding van die
regverdiges. Elia, wat na die hemel geneem is sonder om die dood te
smaak, het diegene verteenwoordig wat op die aarde sal lewe tydens
Christus se tweede koms, en wat verander sal word “in ’n oomblik,
in ’n oogwink, by die laaste basuin;” wanneer “hierdie sterflike
. . .
met onsterflikheid beklee word,” en “hierdie verganklike ...
met onverganklikheid beklee word.” 1 Kor. 15: 51-53. Jesus was
geklee in die lig van die hemel, soos Hy sal wees wanneer Hy
vir die tweede maal sonder sonde ver- skyn . . . tot saligheid.”
Want Hy sal kom “in die heerlikheid van Sy Vader met die heilige
engele.” Heb. 9: 28; Markus 8: 38. Die Heiland se belofte aan die
dissipels is nou vervul. Op die berg is die toekomstige koninkryk
van heerlikheid in miniatuur voorgestel -— Christus, die Koning,
Moses as verteenwoordiger van die opgewekte heiliges, en Elia
verteenwoordigende diegene wat verander sal word.
Die dissipels verstaan nog nie die toneel nie, maar hulle verbly
hulle daarin dat die geduldige Leraar, die sagmoedige en nederige
Een, wat heen en weer gewandel het as ’n hulpelose vreemdeling,
nou vereer word deur die bevoorregtes van die hemel. Hulle glo dat
Elia gekom het om die Messias se regering aan te kondig, en dat
die koninkryk van Christus nou op die aarde opgerig sal word. Die
gedagte aan hulle vrees en teleurstelling sou hulle vir ewig verban.
Hier, waar die heerlikheid van God geopenbaar is, sou hulle graag
wou bly. Petrus roep uit, “Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons
dan drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en vir Elia een.” Die