Page 388 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

384
DIE KONING VAN DIE EEUE
hulle so moeg dat hulle, ten spyte van alle inspanning om belang te
stel, aan die slaap geraak het. Jesus het hulle vertel van Sy lyde; Hy
het hulle met Hom meegeneem om saam met Hom te bid; op daardie
oomblik was Hy besig om vir hulle te bid. Hy het die neerslagtigheid
van Sy dissipels gesien, en Hy het verlang om hulle droefheid te
verlig met die versekering dat hulle geloof nie tevergeefs was nie.
Selfs van die twaalf kon nie almal die openbaring ontvang wat Hy
graag wou gee nie. Alleen die drie wat Sy angs in Getsemane sou
sien, het Hy gekies om saam met Hom op die berg te gaan. Waarvoor
Hy nou gebid het, was dat daar ’n openbaring aan hulle gegee moes
word van die heerlikheid wat Hy by die Vader gehad het vóór die
grondlegging van hierdie wêreld; dat Sy koninkryk aan menslike oë
getoon moes word, en dat Sy dissipels versterk moes word om dit te
kan sien. Hy smeek dat hulle ’n openbaring van Sy godheid moet
kry wat hulle sou vertroos in die uur van Sy grootste lyde, en hulle
die versekering sal gee dat Hy waarlik die Seun van God is, en dat
Sy skanddood deel is van die verlossingsplan.
Sy gebed is verhoor. Terwyl Hy nederig neerkniel, op die klip-
perige grond, is die hemele skielik geopen, die goue poorte van die
godstad is wyd oop, en ’n heilige lig skyn op die berg en verlig die
Heiland se gestalte. Sy godheid van binne het deur Sy mensheid
geflits en die heerlikheid ontmoet wat van bo af gekom het. Christus
het van die grond af opgestaan en in goddelike majesteit gestaan.
Die sielelyding was weg. Sy gelaat was “blink soos die son, en Sy
klere . . . wit soos die lig.”
Toe die dissipels wakkerskrik, sien hulle ’n gloed van heerlikheid
wat die hele berg verlig. In vrees en verbasing aanskou hulle die
blinkende gestalte van hulle Meester. Toe hulle oë gewoond raak aan
[430]
die wonderbare lig, sien hulle dat Jesus nie alleen is nie. Langs Hom
is twee hemelse wesens wat druk besig is om met Hom te praat. Die
een is Moses wat op Sinai met God gespreek het; die andereen is
Elia wat nie die dood gesmaak het nie —’n onderskeiding wat slegs
een van die seuns van Adam met hom gedeel het.
Op die Berg Pisga, vyftien eeue tevore, het Moses gestaan en kyk
na die Beloofde Land. Maar ten gevolge van sy sonde by Meriba,
was dit hom nie vergun om daardie land binne te gaan nie. Hy sou
nie die vreugde smaak om die leërskare van Israel in die erfdeel
van hulle vaders in te lei nie. Sy smeekbede, “Laat my tog oortrek