Page 387 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Verheerliking
DITT het begin aand word toe Jesus drie van Sy dissipels na
Hom toe geroep het, naamlik Petrus, Jakobus, en Johannes, en hulle
deur die lande heen met ’n klipperige pad na ’n eensame berg gelei
het. Die Heiland en Sy dissipels het die dag deurgebring deur te reis
en te leer, en om die berg uit te klim, het hulle baie moeg gemaak.
Christus het die laste van hart en liggaam van baie lyers verlig; Hy
het die lewe laat bons deur hulle verswakte liggame; maar Hy self
het in die menslike vlees gewoon, en net soos Sy dissipels het Hy
moeg ge- word van die klim.
Die laaste strale van die son het nog op die berg geskyn, en die
paadjie waarmee hulle geklim het, met goud getint. Maar baie gou
sterf die lig weg van die berg en sak die son agter die westelike
horison, en die reisigers word toegevou in die duisternis van die nag.
Die duisternis van hulle omgewing pas by die droefheid in hulle
harte waarin die wolke dig begin saampak het.
Die dissipels het nie die moed om Christus te vra waarheen Hy
gaan en waarom nie. Hy het dikwels al hele nagte in gebed op die
berge deurgebring. Hy deur wie se hande berg en dal gemaak is,
voel tuis in die natuur, en geniet die stilte. Die dissipels volg waar
Christus lei, maar hulle wonder darem waarom hulle Meester hulle
met daardie steil paadjie die berg op lei wanneer hulle reeds so moeg
is, en Hy self ook behoefte het aan rus. Eindelik sê Christus dat hulle
[429]
ver genoeg geklim het. Nadat Hy so ’n endjie opsy gegaan het, het
die Man van Smarte met sterk geroep en geween begin bid. Hy bid
om krag om ten behoewe van die mensheid te kan staan. Self moes
Hy ’n beter houvas kry op die Almagtige, want alleen dan sou Hy
die toekoms kon trotseer. En Hy bid vurig vir Sy dissipels, dat hulle
geloof in die uur van die mag van die duisternis nie mag faal nie. Sy
geboë vorm is nat van die dou, maar Hy kom dit nie agter nie. Die
donker skaduwees van die nag is dig om Hom maar Hy slaan nie ag
daarop nie. So gaan die ure langsaam verby. Eers het die dissipels
saam met Hom gebid in opregte toe- wyding, maar ná ’n tyd was
383