382
DIE KONING VAN DIE EEUE
staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van
die mens in Sy koninkryk sien kom het nie.” Maar die dissipels het
nie Sy woorde verstaan nie. Die heerlikheid het vir hulle baie ver weg
gelyk. Hulle het hulle oë gevestig op die dinge hier naby, naamlik
Sy aardse lewe van armoede, vernedering, en lyding. Moet hulle
hulle heerlike verwagtings van die Messias se koninkryk opgee?
Sou hulle hulle Here nie verhoog sien op die troon van Dawid
nie? Kon dit miskien wees dat Christus sou lewe as ’n nederige,
daklose swerweling, om verag, verwerp, en eindelik gedood te word
?
Hulle harte was bedruk deur droefheid, want hulle het hulle Meester
liefgehad. Daar was ook twyfel in hulle harte, want dit was vir hulle
[427]
onbegryplik dat die Seun van God aan sulke wrede vernedering kon
onderwerp word. Hulle wou weet waarom Hy vrywillig na Jerusalem
moet gaan en die behandeling tegemoetgaan wat Hy hulle vertel
het wat Hom daar wag. Hoe kon Hy Homself oorgee aan so ’n lot,
en hulle in groter duisternis laat as die waarin hulle rondgetas het
voordat Hy Hom aan hulle geopenbaar het?
In die gebied van Cesarea-Filippi was Christus buite die bereik
van Herodes en Kajafas; so het die dissipels geredeneer. Hy het niks
te vrees gehad van die haat van die Jode of van die mag van die
Romeine nie. Waarom dan nie daar werk nie, weg van die Fariseërs
af? Waarom moet Hy Homself in die dood gaan opgee? As Hy dan
moes sterf, hoe kon Hy sê dat Sy koninkryk so heg gegrondves sou
word dat die poorte van die doderyk dit nie sal kan oorweldig nie?
Vir die dissipels was dit werklik onverklaarbaar.
Hulle was juis op daardie oomblik besig om te reis langs die
kus van die Meer van Galilea na die stad waar al hulle hoop geblus
sou word. Hulle het dit nie gewaag om met Christus te redeneer nie,
maar onder mekaar het hulle mompelend in droefheid gepraat oor
wat die toekoms mag inhou. Selfs te midde van al hulle twyfel het
hulle vas- geklem aan die hoop dat die een of ander omstandigheid
die onheil sou belet wat hulle Here gewag het. So het hulle getreur
en getwyfel, gehoop en gevrees vir ses lang, donker dae.
[428]