Die Skaduwee van die Kruis
381
dikwels wanneer dit op hulle skouers geplaas is, het hulle hulleself
heftig teë- gesit, totdat hulle later oorweldig en die kruis op hulle rug
vasgemaak is. Maar Jesus het aan Sy navolgers gesê om hulle kruis
op te neem en dit agter Hom aan te dra. Vir die dissipels, alhoewel
hulle Sy woorde nie heeltemal verstaan het nie, het dit oorgawe aan
die bitterste vernedering beteken — ja, onderwerping aan die dood
om Christus ontwil. Die Heiland kon die volkome selfoorgawe nie
duideliker gestel het nie. En dit alles het Hy vir hulle ontwil aange-
neem. Jesus het die hemel nie as ’n begeerlike plek gereken terwyl
ons nog verlore was nie. Hy het die hemel verlaat vir ’n lewe van
smaad, belediging, en om die skanddood te sterf. Hy wat ryk was aan
die skatte van die hemel, het arm geword, sodat ons deur Sy armoede
[426]
ryk kon word. Ons moet in die pad wandel wat Hy bewandel het.
Liefde vir siele vir wie Christus gesterf het, beteken die kruisi-
ging van die eie-ek. Die persoon wat ’n kind van God is, sal homself
voort- aan beskou as ’n skakel in die ketting wat neergelaat is om die
wêreld te red, een met Christus in Sy genadeplan, en saam met Hom
werkende om die verlorenes op te soek en te red. Die Christen moet
altyd onthou dat hy homself aan God toegewy het, en dat hy in sy
karakter Christus aan die wêreld moet openbaar. Die selfopoffering,
die medelyde, die liefde, wat geopenbaar is in die lewe van Christus,
moet gesien word in die offervaardigheid van die werker van God.
“
Want elkeen wat sy siel wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat
sy siel om My ontwil en om die evangelie ontwil, verloor, hy sal dit
red.” Selfsug is die dood. Geen orgaan van die liggaam kan lewe as
hy sy diens net vir homself doen nie. As die hart nie sy lewensbloed
na die hand en die hoof stuur nie, sal hy gou sy krag verloor. Net
soos ons lewensbloed, vloei die liefde van Christus na elke deel van
Sy mistiese liggaam. Ons is ledemate van mekaar, en die siel wat
weier om te gee, sal sterf. “Wat sal dit ’n mens baat,” het Jesus gevra,
“
as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal ’n
mens gee as losprys vir sy siel?”
Anderkant die armoede en vernedering van die hede, het Hy
Sy dissipels gewys op Sy aanstaande koms in heerlikheid, nie die
heerlikheid van ’n aardse troon nie, maar die heerlikheid van God
en die hemelse leërskare. Dan, het Hy gesê, “sal Hy elkeen vergeld
volgens sy dade.” En toe het Hy vir hulle bemoediging die belofte
gegee, “Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier