380
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die Satan het geprobeer om Jesus te ontmoedig en Hom te laat
terugdeins vir Sy sending; en Petrus, in sy blinde liefde, het die ver-
soeking in woorde uitgedruk. Die vors van die duisternis was die
ingewer van daardie gedagte. Hy het gesit agter daardie dringende
versoek. In die woestyn het die Satan die heerskappy van hierdie
wêreld vir Christus aangebied op voorwaarde dat Hy die pad van
vernedering en opoffering verlaat. Nou het hy dieselfde versoeking
gebring aan die dissipel van Christus. Hy het Petrus beïnvloed om
sy oë op aardse heerlikheid te vestig, sodat hy nie die kruis kon sien
waarop Jesus sy aandag wou vestig nie. En deur Petrus het die Satan
Jesus weer versoek. Maar die Heiland het nie daarna geluister nie;
Hy het net aan Sy dissipel gedink. Die Satan het tussen Petrus en sy
Meester gekom, sodat die hart van die dissipel nie aangeraak kon
[425]
word by die aanskouing van Christus se vernedering vir hom nie.
Die woorde van Christus is gespreek, nie tot Petrus nie, maar tot
die een wat probeer het om hom van sy Meester te skei. “Gaan weg
agter My, Satan! Moenie langer tussen My en my swak dienskneg
indring nie. Laat My van aangesig tot aangesig met Petrus praat,
sodat Ek aan hom die verborgenheid van My liefde kan openbaar.
Dit was n bittere les vir Petrus, en een wat hy maar baie stadig
geleer het, naamlik, dat die pad van Christus op aarde deur lyding en
vernedering sou gaan. Die dissipel het teruggedeins vir gemeenskap
met sy Here in Sy lyde. Maar in die hitte van die smeltkroes sou hy
die seën daarvan leer. Lank daarna, toe arbeid en ouderdom hulle
spore diep op hom gelaat het, het hy geskryf: “Geliefdes, verbaas
julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle
beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate
julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees,
sodat julle ook in die openbaring van Sy heerlikheid met blydskap
kan jubel.” 1 Pet. 4: 12, 13.
Jesus het nou aan Sy dissipels verduidelik dat Sy eie lewe van
selfverloëning n voorbeeld is van wat hulle s’n behoort te wees. Hy
het die mense wat daar rond was, na Hom en die dissipels geroep, en
gesê, “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën
en sy kruis opneem en My volg.” Die kruis het in verband gestaan
met die mag van Rome. Dit was die instrument vir die wreedste en
mees vernederende vorm van teregstelling en die dood. Die laag-
ste misdadigers moes hulle kruis dra na die plek van teregstelling;