Die Skaduwee van die Kruis
379
volk verwerp, as bedrieër veroordeel, en gekruisig sou word as ’n
misdadiger — sulke gedagtes het nooit by die dissipels opgekom
nie. Maar die uur van die vors van die duisternis het genader, en
Jesus moes die dissipels bekendstel met die stryd voor hulle. Die
gedagte aan Sy verhoor het Hom met droefheid vervul.
Tot op daardie oomblik het Hy nog niks aan hulle bekendgemaak
in verband met Sy lyde en dood nie. In Sy gesprek met Nikodemus
het Hy gesê, “Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so
moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom
glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Joh. 3:
14, 15.
Maar die dissipels het dit nie gehoor nie, en al het hulle dit
gehoor, sou hulle dit nie verstaan het nie. Maar nou het hulle met
Jesus gewandel, na Sy woorde geluister en Sy werke gesien, totdat
hulle, nieteenstaande Sy nederige omstandighede en die opposisie
[424]
van die volk, saam met Petrus kon getuig, “U is die Christus, die
Seun van die lewende God.” Nou het die tyd gekom om die sluier van
die toekoms weg te trek. “Van toe af het Jesus begin om Sy dissipels
te toon dat Hy na Jerusalem moet gaan en baie van die ouderlinge
en owerpriesters en skrifgeleerdes moet ly en doodgemaak en op die
derde dag opgewek word.”
Spraakloos van droefheid en verbasing, het die dissipels geluister.
Christus het Petrus se belydenis aangeneem dat Hy die Seun van
God is; en nou was Sy woorde wat verwys het na Sy ly de en
dood, onverstaanbaar. Petrus kon nie stilbly nie. Hy het sy Meester
beetgepak as- of hy Hom wou wegtrek van die dreigende onheil, en
uitgeroep, “Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!”
Petrus het sy Here liefgehad; maar Jesus het hom nie geprys
nie omdat hy sy begeerte uitgespreek het om Hom te beskerm van
die lyding. Petrus se woorde was nie ’n troos vir Jesus in die groot
be- proewing voor Hom nie. Hulle was nie ooreenkomstig Gods
genadeplan vir die verlore wêreld nie, en ook nie met die les van
selfopoffe- ring wat Jesus deur Sy eie voorbeeld kom leer het nie.
Petrus wou nie graag die kruis sien in die werk van Christus nie.
Die indruk wat sy woorde sou maak, was lynreg teen die indruk wat
Christus wou skep by Sy navolgers, en die Heiland was verplig om
een van die kwaaiste bestraffings te gee wat ooit van Sy lippe gekom
het: “Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, omdat
jy nie oor die dinge van God dink nie, maar oor die van die mense.”