Page 382 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

378
DIE KONING VAN DIE EEUE
sou hulle onderwerp het aan die wens van hulle Meester en die een
eer wat Hy gekies het.
Pleks van een aan te stel as hulle hoof, het Christus aan Sy
dissipels gesê, “Laat julle nie rabbi noem nie;” “julle moet julle
ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester,
Christus.” Matt. 23: 8, 10.
Julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man.” God,
wat alle dinge onder die voete van Christus gestel het, het “Hom as
n Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee wat Sy liggaam is, die
volheid van Hom wat alles in almal vervul.” 1 Kor. 11:3; Efe. 1: 22,
23.
Die kerk is op Christus as fondament gebou; hy moet Christus
gehoorsaam as sy hoof. Hy moet nie op mense vertrou of deur mense
beheers word nie. Daar is vele wat meen dat ’n verantwoordelike
posisie in die kerk hulle die mag gee om voor te skryf wat ander
mense moet glo en wat hulle moet doen. God steun nie hierdie
[423]
aanspraak nie. Die Heiland sê, “Julie is almal broers.” Almal is
blootgestel aan ver- soeking en almal kan foute begaan. Ons kan nie
op feilbare mense steun vir leiding nie. Die Rots van geloof is die
lewende teenwoordig- heid van Christus in die kerk. Daarop kan die
swakste vertrou, en diegene wat meen dat hulle die sterkste is, sal
die swakste wees tensy hulle volkome op Christus steun. “Vervloek
is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak.” “Hy is
die steenrots wie se werk volkome is.” “Welgeluksalig is almal wat
by Hom skuil.” Jer. 17: 5; Deut. 32: 4; Ps. 2: 12.
Ná Petrus se belydenis het Jesus die dissipels opdrag gegee
om aan geen mens te vertel dat Hy die Christus is nie. Hierdie
opdrag is gegee ten gevolge van die vasberade opposisie van die
skrifgeleerdes en Fariseërs. En wat meer is, die mense, en selfs die
dissipels, het so ’n verkeerde begrip gehad van die Messias, dat ’n
openbare aankondiging van Hom hulle geen ware begrip sou gegee
het van Sy karakter en werk nie. Maar dag na dag het Hy Homself
aan hulle geopenbaar as die Verlosser, en so het Hy probeer om hulle
n ware besef te gee van Hom as die Messias.
Die dissipels het nog verwag dat Christus sou regeer as ’n tyde-
like vors. Alhoewel Hy Sy plan so lank bedek gehou het, het hulle
geglo dat Hy nie altyd in armoede en onbekendheid sou bly nie; die
tyd was naby wanneer Hy Sy koninkryk sou stig. Dat die haat van
die priesters en rabbi’s onoorkomelik was; dat Christus deur Sy eie