Page 381 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Skaduwee van die Kruis
377
Niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie; dit
is Jesus Christus.” 1 Kor. 3:11. “Op hierdie rots,” het Jesus gesê, “sal
Ek My gemeente bou.” In die teenwoordigheid van God en al die
hemelse wesens, in die teenwoordigheid van die onsigbare leërskare
van die hel, het Christus Sy kerk gegrondves op die lewende Rots.
Die Rots is Christus self — Sy eie liggaam wat vir ons verbreek is.
Die kerk wat op hierdie fondament gebou is, sal nie deur die poorte
van die doderyk oorweldig word nie.
Hoe swak het die kerk nie gelyk toe Christus hierdie woorde
gespreek het nie! Daar was slegs ’n handjievol gelowiges teen wie al
die magte van duiwels en bose mense gerig was, maar die navolgers
van Christus moes nie vrees nie. Gebou op die Rots van hulle sterkte
kon hulle nie omver gewerp word nie.
Vir sesduisend jaar reeds bou die geloof voort op Christus. Vir
sesduisend jaar het die storms en vloedgolwe van sataniese wraak
[422]
geklots teen die Rots van ons saligheid, maar dit het onbeweeglik
bly staan.
Petrus het die waarheid uitgedruk wat die fondament van die kerk
se geloof is, en Jesus het hom nou vereer as die verteenwoordiger
van al die gelowiges. Hy het gesê, “Ek sal jou die sleutels van die
koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind,
sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag
ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.”
Die sleutels van die koninkryk van die hemele” is die woorde
van Christus. Al die woorde van die Heilige Skrif is Syne, en dit
is hier ingesluit. Die woorde het mag om die hemel oop te sluit of
toe te sluit. Hulle stel die voorwaardes waarop mense aangeneem of
verwerp word. Die werk van diegene wat Gods Woord verkondig, is
dus ’n reuk van die lewe tot die lewe of van die dood tot die dood.
Hulle sending het ewige gevolge.
Die Heiland het nie die werk van die evangelie aan Petrus as
indiwidu gegee nie. By ’n latere geleentheid, toe Hy die woorde tot
Petrus gespreek, herhaal het, het Hy hulle regstreeks op die kerk
toe- gepas. Dieselfde woorde is feitelik ook gespreek tot die twaalf
as verteenwoordigers van alle gelowiges. As Jesus spesiale gesag
gegee het aan een van die dissipels, bokant al die ander, dan sou ons
hulle nie later sien stry het oor wie die grootste sou wees nie. Hulle