Page 380 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

376
DIE KONING VAN DIE EEUE
is hulle oë afgewend van die “sigbare dinge,” om die “onsigbare
dinge” te sien. 2 Kor. 4: 18. Onder die mantel van die menslike vlees
het hulle die heerlikheid van die Seun van God gesien.
Jesus het aan Petrus gesê, “Salig is jy, Simon Bar-Jona, want
vlees en bloed het dit aan jou nie geopenbaar nie, maar My Vader
wat in die hemele is.”
Die waarheid wat Petrus bely het, is die grondslag van die gelo-
wige se geloof. Dit is, soos Christus self gesê het, die ewige lewe.
Maar daardie kennis moes nie die rede vir selfverheerliking wees
nie. Dit is aan Petrus geopenbaar nie op grond van enige wysheid
of goedheid van sy eie nie. Nooit kan die mens alleen tot die kennis
van die goddelike kom nie. “Hoogtes van die hemel is dit—wat
kan jy doen? Dieper as die doderyk—wat kan jy weet?” Job 11:8.
Alleen die gees van aanneming kan aan ons die diep dinge van God
openbaar, wat “die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die
hart van ’n mens nie opgekom het nie. . . . Maar God het dit aan ons
[421]
deur Sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook
die dieptes van God.” 1 Kor. 2: 9, 10. “Die verborgenheid van die
Here is vir die wat Hom vrees;” en die feit dat Petrus die heerlikheid
van Christus gesien het, is bewys dat hy deur “God geleer” is. Ps. 25:
14;
Joh. 6: 45. Ja, gewis, “Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en
bloed het dit aan jou nie geopenbaar nie.”
Jesus het voortgegaan: “Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie
rots sal Ek My gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal
dit nie oorweldig nie.” Die woord Petrus beteken ’n klip —’n los
klip. Petrus was nie die rots waarop die kerk gebou is nie. Die poort
van die doderyk het hom oorweldig toe hy sy Here verloën het met
vloeke. Die kerk is gebou op íemand wat nie deur die poorte van die
doderyk oorweldig kon word nie.
Eeue voor die koms van die Heiland het Moses gewys op die
Rots van Israel se saligheid. Die psalmis het gesê, “Hy is my rots
en my heil.” Jesaja het geskryf, “So sê die Here Here: Kyk, Ek lê
in Sion ’n grondsteen, ’n beproefde steen, ’n kosbare hoeksteen
wat vas gegrondves is.” Deut. 32: 4; Ps. 62: 7; Jes. 28: 16. Petrus
self het hierdie profesie, onder inspirasie, op Jesus toegepas. Hy het
gesê, “Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel
verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook
soos lewende stene opbou, soos ’n geestelike huis.” 1 Pet. 2:4, 5.