Page 379 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Skaduwee van die Kruis
375
waar afgodediens geheers het. Hier was die dissipels weg van die
oor- heersende invloed van Judaïsme, en is hulle in nouer aanraking
gebring met die heidense godsdiens. Rondom hulle het hulle vorms
van byge- loof gesien wat in alle dele van die wêreld bestaan het.
Jesus wou hê dat die aanskouing van daardie dinge hulle hulle
verantwoordelikheid teenoor die heidene sou laat besef. Gedurende
Sy verblyf in daardie streek, het Hy getrag om Hom aan die mense
te onttrek, en meer tyd aan Sy dissipels te bestee.
Hy wou hulle vertel van die lyde wat Hom gewag het, maar Hy
het Hom eers afgesonder en gebid dat hulle harte berei mag word om
Sy woorde aan te neem. Toe Hy weer by hulle aangesluit het, het Hy
nie dadelik aan hulle vertel wat Hy hulle wou meedeel nie. Voordat
Hy dit doen, sou hulle eers geleentheid kry om hulle geloof in Hom
te bely om dus versterk te word vir die komende beproewing. Hy
het gevra, “Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?”
Met droefheid moes die dissipels erken dat Israel hulle Messias
nie herken het nie. Sommige het wel, toe hulle Sy wonderwerke
sien, verklaar dat Hy die Seun van Dawid was. Die skare wat Hy by
Betsaida gevoed het, wou Hom graag tot koning van Israel uitroep.
Vele was gereed om Hom aan te neem as ’n profeet, maar hulle het
nie geglo dat Hy die Messias was nie.
Jesus het nou ’n tweede vraag gestel wat die dissipels persoonlik
geraak het: “Maar julle, wie sê julle, is Ek?” Petrus het geantwoord,
U is die Christus, die Seun van die lewende God.”
Van die begin af het Petrus geglo dat Jesus die Messias was. Baie
ander wat tot oortuiging gebring is deur die prediking van Johannes
die Doper, en wat Christus aangeneem het, het begin twyfel aan
[420]
Petrus het uiting gegee aan die geloof van die twaalf, maar die
dissipels het nog glad nie die sending van Christus verstaan nie. Die
teenstand en wanvoorstellings van die priesters en owerstes, hoewel
dit hulle nie kon beweeg om Christus te verlaat nie, het hulle baie
verbyster. Hulle het nie hulle pad duidelik gesien nie. Die invloed
van hulle vroeë opvoeding, die leer van die rabbi’s, die mag van
tra- disie, het nog hulle idee van die waarheid beïnvloed. Van tyd tot
tyd het die kosbare strale van die lig van Jesus op hulle geskyn, maar
dikwels was hulle soos manne wat in die duister rondgetas het. Maar
op hierdie dag, voordat hulle die groot toets van hulle geloof sou
verduur, het die Heilige Gees met krag op hulle gekom. Vir ’n tydjie