Page 378 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Skaduwee van die Kruis
DIE werk van Christus op aarde het ten einde gespoed. Voor
Hom, helder omlyn, was die tonele waarheen Sy weg gelei het. Nog
voordat Hy die menslike natuur aangeneem het, het Hy die hele pad
gesien wat Hy sou moes bewandel om te red wat verlore was. Elke
steek wat Sy hart gepynig het, elke belediging, elke ontbering wat Hy
moes verduur, het Hy gesien toe Hy Sy kroon en koninklike kleed
afgelê en van die troon afgestap het om mens te word. Die pad van
die krip na Golgota was duidelik voor Hom. Hy het geweet van die
angs wat Hy sou moes verduur. Hy het alles geweet, maar nogtans
het Hy gesê, “Kyk, Ek kom; in die boekrol is dit My voorgeskrywe.
Ek het lus, o My God, om U welbehae te doen, en U wet is binne-in
My ingewande.”
Hy het die uitwerking van Sy sending gedurig voor Hom gesien.
Sy aardse lewe, so vol werk en opoffering, is veraangenaam deur
die vooruitsig dat Hy die bittere lyding nie verniet sou verduur nie.
Deur Sy lewe vir die lewe van die mens te gee, sou Hy die wêreld
terugwin tot getrouheid aan God. Alhoewel Hy die bloeddoop eers
sou moes ondergaan; alhoewel Sy onskuldige siel die sondelas van
die hele wêreld sou moes dra; alhoewel die skaduwee van naamlose
lyde op Hom geval het, het Hy tog, vir die vreugde wat aan Hom
voorgehou is, die kruis verdra en die skande verag.
[419]
Vir diegene wat saam met Hom gewerk het, was die tonele wat
voor Hom gelê het, nog verberg, maar die tyd was nie meer ver
wanneer hulle Sy lyde sou sien nie. Hulle sou sien hoedat Hy — die
Een wat hulle liefhet en vertrou — oorgelewer word in die hande
van Sy vyande, en gekruisig word op Golgota. Eerlank sou Hy
hulle verlaat om die wêreld alleen te trotseer sonder Sy vertroosting
en sigbare teen- woordigheid. Hy het geweet hoe bittere haat en
ongeloof hulle sou vervolg, en Hy wou hulle graag voorberei vir
daardie beproewings.
Jesus en Sy dissipels het by een van die dorpies gekom van
Cesarea-Filippi. Hulle was buite die grense van Galilea, in ’n streek
374