Page 414 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

410
DIE KONING VAN DIE EEUE
uitgenooi om te kom drink van die fontein van die lewe, van daardie
water wat in hulle ’n fontein sou word wat opwel tot die ewige lewe.
Die priester het daardie more deur die seremonie die slaan van
die rots in die woestyn herdenk. Daardie rots was ’n simbool van
Hom wat deur Sy dood lewende strome van saligheid sou laat vloei
na almal wat dors het. Christus se woorde was die water van die
lewe. Daar in die teenwoordigheid van die vergaderde skare het hy
Homself gestel om geslaan te word, sodat die water van die lewe kan
vloei na die wêreld. Deur Christus te slaan, het die Satan gemeen
om die Vors van die lewe te vernietig; maar uit die geslaande rots
het daar lewende water gevloei. Toe Jesus so met die mense gepraat
het, het daar ’n vreemde eerbied in hulle harte gekom, en baie was
gereed om te sê, soos die Samaritaanse vrou, “Here, gee my daardie
water, sodat ek nie dors kry . . . nie.” Joh. 4: 15.
[462]
Jesus het die behoeftes van die siel geken. Prag, rykdom, en eer
kan die hart nie bevredig nie. “As iemand dors het, laat hom na My
toe kom.” Die rykes, die armes, die aansienlikes, die eenvoudiges,
almal is ewe welkom. Hy belowe om die belaste hart te verlig, om
die treurendes te troos, en om hoop aan die neerslagtiges te gee.
Baie van die wat Jesus gehoor het, het getreur oor beskaamde hoop,
baie het ’n grief in die hart gekoester, en vele het gesoek om hulle
rustelose verlangens te versadig met die dinge van die wêreld en
die lof van mense; maar wanneer hulle dit alles verkry het, het hulle
gevind dat hulle by “gebarste reënbakke” gekom het en nie hulle dors
kon les nie. Daar, op die blye toneel, het hulle gestaan, ontevrede
en droefgeestig. Daardie skielike geroep, “As iemand dors het,”
het hulle gewek uit hulle droefgeestige mymering, en die verdere
woorde wat hulle gehoor het, het hulle harte met nuwe hoop vervul.
Die Heilige Gees het die simbool voor hulle gestel totdat daarin die
aanbod gesien is van die kosbare gawe van verlossing.
Die roepstem van Christus gaan nog steeds uit tot die dorstige
siel, en dit tref ons met nog groter krag as dié wat dit gehoor het in
die tempel op daardie laaste dag van die fees. Die fontein is oop vir
almal. Diegene wat afgemat en uitgeput is, kry ’n aanbod van die
verkwikkende water van die ewige lewe. Jesus roep vandag nog, “As
iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!” “Laat hom wat
dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem,
verniet.” “Elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal