372
DIE KONING VAN DIE EEUE
Dieselfde invloede werk vandag deur diegene wat probeer om
die wet van God op so ’n manier te verduidelik dat dit aangepas kan
word by hulle gebruike. Hierdie klas val nie die wet openlik aan nie,
maar hulle verkondig teorieë wat die beginsels daarvan ondermyn.
Hulle verklaar dit sodat die krag daarvan vernietig word.
Die huigelary van die Fariseërs was die produk van selfsug. Die
hoofdoel van hulle lewe was om hulleself te verheerlik. Dit was dit
wat hulle beweeg het om die Skrifte te verdraai en verkeerd toe te
pas, en dit het hulle verblind vir die doel van Christus se sending.
Selfs die dissipels van Christus het gevaar geloop om hierdie sonde
te koester. Diegene wat gestaan het met die navolgers van Jesus,
maar wat nie alles verlaat het om Sy dissipels te word nie, was in
’
n groot mate beïnvloed deur die redenasie van die Fariseërs. Hulle
was dikwels heen en weer geslinger tussen geloof en ongeloof, en
hulle het nie die skatte van wysheid gesien wat in Christus geskuil
het nie. Selfs die dissipels, alhoewel hulle uiterlik alles vir Christus
versaak het, het nie in hulle harte opgehou om voordeel vir hulleself
te soek nie. Dit was juis hierdie gees wat hulle laat stry het oor
wie die grootste onder hulle sou wees. Dit is dit wat tussen hulle
en Christus ingekom het, en hulle so uit voeling gehou het met
Sy sending en opoffering, en hulle so traag gemaak het om die
verborgenheid van die verlossing te begryp. Soos suurdeeg, as dit
alleen gelaat word om voort te werk, verderf veroorsaak, so sal ’n
selfsugtige gees, as dit in die hart gekoester word, die besoedeling
en ondergang van die siel bewerk. Onder die navolgers van die
[417]
Here vandag, net soos in die ou tyd, is hierdie listige, bedrieglike
sonde net so algemeen! Hoe dikwels word ons diens vir Christus,
en ons omgang met mekaar, bederf deur die geheime begeerte vir
selfverheffing! Hoe word daarna gesmag om gelukgewens te word
en menslike goedkeuring te verkry! Dit is eie- liefde, die verlange
na ’n makliker weg as wat God aanwys wat mense daartoe bring
om menslike teorieë en gebooie te stel in die plek van die goddelike
voorskrifte. Aan Sy eie dissipels het Christus die waar- skuwing
gegee, “Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs.”
Die godsdiens van Christus is die verpersoonliking van opregt-
heid. Ywer vir die heerlikheid van God is die dryfkrag wat deur
die Heilige Gees gegee word; alleen die werking van die Heilige
Gees kan daardie motief in die siel plant. Alleen die krag van God