Page 375 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Ware Teken
371
die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.” Dit was die gebruik
van die Jode, sedert die tyd van Moses, om tydens die Paasfees alle
suurdeeg uit hulle huise te verwyder; hulle is op daardie wyse geleer
om dit te beskou as ’n tipe van die sonde. Maar die dissipels het
Jesus nie verstaan nie. In hulle skielike vertrek van Magdala het
hulle vergeet om brood saam te neem, en hulle het net een brood by
hulle gehad. Hulle het gemeen dat Christus op hierdie omstandigheid
gesinspeel het, en dat dit ’n waarskuwing vir hulle was om nie die
brood van ’n Fariseër of Sadduseër te koop nie. Hulle gebrek aan
geloof en geestelike insig het hulle dikwels Christus se woorde laat
misverstaan. Jesus het hulle nou bestraf omdat hulle gedink het
dat Hy wat duisende gevoed het met ’n paar vissies en garsbrode,
met daardie waarskuwing slegs gewone brood bedoel het. Daar was
gevaar dat die listige redenasies van die Fariseërs en Sadduseërs
ongeloof onder die dissipels kon verwek, sodat hulle die werke van
Christus te lig sal opneem.
Die dissipels was geneig om te dink dat hulle Meester aan die eis
om ’n teken uit die hemel moes toegegee het. Hulle het geglo dat Hy
dit wel kon doen, en dat so ’n teken Sy vyande die swye sou oplê.
Wat hulle nie gesien het nie, was die huigelary van daardie vitters.
Maande daarna, “toe duisende van die skare ondertussen saam-
kom, sodat hulle mekaar vertrap het,” het Jesus dieselfde waarsku-
wing gegee. Hy het aan Sy dissipels gesê, “Pas op vir die suurdeeg
van die Fariseërs, dit is geveinsdheid.” Lukas 12: 1.
Die suurdeeg wat in meel geplaas word, werk onsigbaar en dit
verander die hele massa. So werk huigelary ook in die hart, dit deur-
trek die hele karakter en lewe. Die afkeur van hulle gebruik van
[416]
die “Korban” was ’n uitstaande voorbeeld van die huigelary van
die Fariseërs, wat Christus veroordeel het, want daardeur het hulle
hulle plig as kinders teenoor ouers ontduik onder die voorwendsel
dat dit vrygewigheid aan die tempel was. Die skrifgeleerdes en die
Fariseërs het bedrieglike beginsels voorgestaan. Hulle het die ware
aard van hulle leer bedek, en van elke geleentheid gebruik gemaak
om dit met lis in die verstand en hart van die hoorders te bring.
Hierdie valse beginsels, wanneer hulle eenmaal aangeneem is, het
soos suurdeeg in meel gewerk, want dit het die hele karakter deurtrek
en dit verander. Dit was hierdie verleidelike leer wat dit so swaar
gemaak het vir die mense om die woorde van Christus aan te neem.