Page 374 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

370
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hy het geen wonderwerk in die woestyn gedoen in antwoord op
die Satan se insinuasies nie. Hy gee nie aan ons krag om onsself te
regverdig, of om ons ongeloof en hoogmoed te bevredig nie. Maar
die evangelie is nie sonder ’n teken van sy goddelike oorsprong nie.
Is dit nie ’n wonderwerk dat ons kan losbreek uit die slawerny van
die Satan nie? Vyandigheid teen die Satan is nie ’n natuurlike ding
in die menslike hart nie; dit word daarin verwek deur die genade van
God. Wanneer iemand wat beheers was deur ’n koppige, sondige
wil, bevry word, en hy homself volkome oorgee aan die werking van
Gods hemelse kragte, dan geskied daar ’n wonderwerk; en dieselfde
geld wanneer ’n persoon wat eers dwaalleer aangehang het sede-
like waarheid aanneem. Elke keer wanneer daar ’n siel tot bekering
kom en leer om God lief te hê en Sy gebooie te onderhou, is dit ’n
vervulling van die belofte van God, “Ek sal julle ’n nuwe hart gee
en ’n nuwe gees in jul binneste gee.” Eseg. 36: 26. Die verandering
van menslike harte en van menslike karakters, is ’n wonderwerk
wat ’n altydlewende Verlosser openbaar wat werk om siele te red.
n Konsekwente lewe in Christus is ’n groot wonderwerk. By die
verkondiging van die evangelie is die teken wat nou en altyd geo-
penbaar moet word, die teenwoordigheid van die Heilige Gees om
die woord ’n wederbarende krag te maak vir diegene wat dit hoor.
Dit is Gods getuienis aan die wêreld van die goddelike sending van
Sy Seun.
Diegene wat ’n teken van Jesus begeer het, het hulle harte deur
ongeloof so verhard dat hulle nie in Sy karakter die ewebeeld van
die goddelike gesien het nie. Hulle wou nie insien dat Sy sending ’n
[415]
vervulling van die Skrifte was nie. In die gelykenis van die ryk man
en Lasarus, het Jesus aan die Fariseërs gesê, “As hulle na Moses
en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou
iemand ook uit die dode opstaan.” Lukas 16: 31. Geen teken wat in
die hemel of op die aarde gegee kon word, sou vir hulle iets beteken
nie.
Toe sug Jesus “swaar in Sy gees,” en Hy het hulle verlaat en
weer in die skuit geklim saam met Sy dissipels. In droefheid en stilte
het hulle oor die meer gevaar. Hulle is egter nie terug na die plek
wat hulle verlaat het nie, maar het gevaar in die rigting van Betsaida,
naby die plek waar die vyfduisend gevoed is. Toe hulle aan die
anderkant kom, het Jesus gesê, “Pas op en wees op julle hoede vir