Die Ware Teken
369
nie?” Christus se eie woorde, gespreek in die krag van die Heilige
Gees wat hulle van die sonde oortuig het, was die teken wat God
gegee het vir hulle verlossing. En tekens regstreeks uit die hemel
is gegee om die sending van Christus te bevestig. Die lied van die
engele vir die skaapwagters, die ster wat die wyse manne gelei het,
die duif en die stem uit die hemel by Sy doop, het getuig van Hom.
“
Toe sug Hy swaar in Sy gees en sê: Waarom begeer hierdie
geslag ’n teken?” “Geen teken sal aan hom gegee word nie behalwe
die teken van Jona, die profeet.” Soos Jona drie dae en drie nagte in
die buik van die vis was, sou Christus ’n dergelike tydperk in die
hart van die aarde wees. En soos die prediking van Jona ’n teken vir
die Nineviete was, so sou die prediking van Christus ’n teken vir Sy
geslag wees. Maar hoe groot is die kontras tussen daardie mense en
hierdie! Die mense van daardie groot heidense stad het gesidder toe
hulle die waarskuwing van God gehoor het. Konings en edelliede
het hulleself verootmoedig voor God; beide die hooggeplaastes en
die nederiges het tot die God van die hemel geroep en Hy was hulle
genadig. “Die manne van Nineve sal in die oordeel opstaan saam
met hierdie geslag en dit veroordeel,” het Christus gesê, “want hulle
het hul op die prediking van Jona bekeer, en — meer as Jona is hier.”
Matt. 12: 41.
Elke wonderwerk wat Christus gedoen het, was ’n teken van
Sy godheid. Hy het juis daardie werke gedoen wat voorspel is dat
die Messias sou doen; maar vir die Fariseërs was hierdie werke
van genade ’n aanstoot. Die Joodse leiers het menslike lyding met
gevoellose onverskilligheid aanskou. In baie gevalle was die lyding
[414]
wat Christus verlig het, te wyte aan hulle selfsug en verdrukking. Sy
wonderwerke was dus vir hulle ’n verwyt.
Die dinge wat die Jode beweeg het om die Heiland se werk te
verwerp, was die sterkste bewys van Sy goddelike karakter. Die
grootste betekenis van Sy wonderwerke word gesien in die feit dat
hulle gedoen is vir die seën van die mensdom. Die sterkste bewys
dat Hy van God gekom het, is dat Sy lewe die karakter van God
geopenbaar het. Hy het die werke van God gedoen en die woorde
van God gespreek. So ’n lewe is die grootste van alle wonderwerke.
In ons tyd, wanneer die waarheid verkondig word, is daar baie
wat soos die Jode sê: Gee ons ’n teken. Doen ’n wonderwerk. Chris-
tus het geen wonderwerk gedoen op versoek van die Fariseërs nie.