368
DIE KONING VAN DIE EEUE
was Jode; hierdie mense was heidene. Daar was nog sterk Joodse
vooroordeel in die harte van die dissipels, en hulle het aan Jesus
gevra, “Waar sal ons in die woestyn soveel brood vandaan kry om
so ’n groot skare te versa- dig?” Maar gehoorsaam aan Sy woord het
hulle gebring wat hulle gehad het—sewe brode en twee visse. Die
skare is gevoed, en daar het sewe mandjies vol brokkies oorgebly.
Vierduisend mans, behalwe vrouens en kinders, is verkwik, en Jesus
het hulle weggestuur met blye en dankbare harte.
Hy en Sy dissipels het toe in ’n skuit oorgevaar na Magdala
aan die suidpunt van die vlakte van Genesaret. By die grens van
Tirus en Sidon is Sy gees verkwik deur die vertrouende geloof van
die Siro- Feniciese vrou. Die heidense bewoners van Dekapolis het
Hom met blydskap ontvang. En nou, toe Hy weer eens in Galilea
kom waar Sy krag die meeste geopenbaar is, waar meeste van Sy
wonderwerke gedoen is, en waar Hy die meeste geleer het, is Hy
met veragtende ongeloof ontvang.
Daar was ’n afvaardiging van Fariseërs, bygestaan deur verteen-
woordigers van die ryk en trotse Sadduseërs, die priesterlike party,
die skeptikusse en aristokrate van die volk. Hierdie twee sektes het in
bittere vyandskap verkeer. Die Sadduseërs het die guns gesoek van
die regerende mag ten einde hulle eie posisie en gesag te handhaaf.
Die Fariseërs aan die anderkant, het haat teen die Romeine opgewek
en verlang na die tyd wanneer hulle die juk van die veroweraar sou
kon afwerp. Maar Fariseër en Sadduseër het nou saamgespan teen
Christus. Soort soek soort; en boosheid, waar dit ook al bestaan,
span altyd saam met boosheid om die goeie te vernietig.
[413]
Die Fariseërs en Sadduseërs het nou na Christus gekom en om
’
n teken uit die hemel gevra. Toe Israel in die tyd van Josua die
stryd gevoer het met die Kanaäniete by Bet-Horon, het die son stil-
gestaan op bevel van die aanvoerder totdat die oorwinning behaal
is; en ver- skeie dergelike wonders is geopenbaar gedurende hulle
geskiedenis. Min of meer so ’n teken is nou van Jesus gevra. Maar
dis nie sulke tekens wat die Jode nodig gehad het nie. Geen bloot
uiterlike getuienis sou hulle help nie. Hulle grootste behoefte was
nie intellektuele verligting nie, maar geestelike hernuwing.
“
Geveinsdes,” het Jesus gesê, “julle weet wel om die voorkomste
van die lug te onderskei”— deur na die lug te kyk, kon hulle die
weer voorspel —“en kan julle nie die tekens van die tye onderskei