Page 371 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Ware Teken
EN Hy het weer vertrek uit die gebied van Tirus en Sidon en
na die meer van Galilea gegaan, deur die gebied van Dekapolis.”
Markus 7:31.
Dit was in die gebied van Dekapolis waar die duiwelbesetenes
van Gergesa genees is. Hier het die mense, verontrus oor die vernie-
tiging van die varke, Jesus versoek om hulle gebied te verlaat. Maar
hulle het geluister na die boodskappers wat Hy agtergelaat het, en
daar het by hulle ’n begeerte ontstaan om Hom te sien. Toe Hy weer
in daardie gebied kom, het ’n groot skare rondom Hom vergader, en
n dowe man wat swaar gepraat het, is na Hom toe gebring. Jesus
het in hierdie geval, nie soos Sy gewoonte was, die man met net
n woord genees nie. Hy het hom weg van die skare geneem, Sy
vingers in sy ore gesteek en sy tong aangeraak; toe het Hy opgekyk
na die hemel en gesug toe Hy gedink het aan die ore wat nie vir die
waarheid wou oop- gaan nie en die tonge wat geweier het om Hom
as Verlosser te bely. Op die woord, “Gaan oop!” is die man se spraak
herstel, en ten spyte van die bevel om dit aan niemand te vertel nie,
het hy die verhaal van sy genesing orals vertel.
Daarvandaan het Jesus op die berg geklim, en die skare het na
Hom toe’gestroom en hulle siekes en kreupeles gebring en hulle aan
Sy voete neergelê. Hy het hulle almal genees; en die mense, heidene
soos hulle was, het die God van Israel verheerlik. Vir drie dae het die
[412]
mense om die Heiland vergader; hulle het buite geslaap, en bedags
het hulle om Hom geskaar om Sy woorde te hoor en Sy werke te
sien. Aan die einde van die drie dae was hulle kos gedaan. Jesus wou
hulle nie honger huis toe stuur nie, en Hy het Sy dissipels beveel om
hulle te voed. Weer het die dissipels hulle ongeloof geopenbaar. By
Betsaida het hulle gesien hoe die bietjie kos wat hulle gehad het, met
Christus se seën genoeg was om die hele skare te voed; en nogtans
het hulle nie nou alles wat hulle gehad het, te voorskyn gebring
en op Hom vertrou om dit te vermenigvuldig vir die hongerige
skare nie. En wat meer is, diegene wat Hy te Betsaida gevoed het,
367