366
DIE KONING VAN DIE EEUE
om na Hom toe te kom en te lewe. “Elkeen wat in Hom glo, sal
nie beskaam word nie. Want daar is geen onderskeid” nie. “Daar is
nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie.”
“
Rykes en armes ontmoet mekaar, die Here het hulle almal gemaak.”
“
Dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom
aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered
word.” Hand. 17: 26, 27; Gal. 3: 28; Spreuke 22: 2; Rom. 10: 11-13.
[411]