Skeidsmure Afgebreek
365
die hulp van die magtige Heelmeester, wat hongerig was vir die lig
van die waarheid wat so oorvloedig aan die Jode gegee is.
Later, toe die Jode hulle met nog groter volharding afgewend het
van die dissipels omdat hulle gesê het dat Jesus die Verlosser van die
wêreld is, en toe die skeidsmuur tussen Jood en heiden afgebreek
is deur die dood van Christus, het hierdie les, en ander wat gewys
het dat die evangeliewerk nie deur gebruike of nasionaliteit beperk
word nie, ’n magtige invloed gehad op die verteenwoordigers van
Christus in verband met die rigting van hulle werk.
Die Heiland se besoek aan Fenicië en die wonderwerk wat Hy
daar gedoen het, het ’n nog wyer doel gehad. Nie alleen vir daardie
vrou, of vir Sy dissipels en diegene wat Sy werk aangeneem het, is
die wonderwerk verrig nie, maar ook “dat julle kan glo dat Jesus die
Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan
hê in Sy Naam.” Joh. 20: 31. Dieselfde kragte wat mense agtien eeue
gelede weggehou het van Christus, is vandag aan die werk. Die gees
wat die skeidsmuur tussen Jood en heiden opgerig het, werk vandag
nog. Hoogmoed en vooroordeel het sterk skeidsmure gebring tussen
die verskillende klasse van mense. Christus en Sy werk is verkeerd
voorgestel, en menigtes voel dat hulle uitgesluit is van die werk van
die evangelie. Maar moenie hulle laat voel dat hulle uit-gesluit is
van Christus nie. Daar is geen skeidsmure wat mense of die Satan
kan oprig wat nie deur die geloof deurdring kan word nie.
In die geloof het die vrou van Fenicië haarself gewerp teen
die. skeidsmure wat opgebou is tussen Jood en heiden. Teen alle
[410]
ontmoediging in, en ongeag die dinge wat haar kon laat twyfel, het
sy vertrou op die Heiland se liefde. So wil Christus hê dat ons Hom
ook moet vertrou. Die seëninge van die verlossing is vir elke siel.
Niks behalwe sy eie keuse kan ’n man belet om ’n deelgenoot te
word van die belofte in Christus deur die evangelie nie.
Die kastestelsel is haatlik vir God. Hy ignoreer alles van daardie
aard. In Sy oë is die siele van alle mense van gelyke waarde. “Hy
het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die
hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van
hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here mag soek, of hulle
Hom miskien kan aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van
ons nie.” Sonder om onderskeid te maak wat ouderdom of rang of
nasionaliteit of godsdienstige voorregte betref, word almal uitgenooi