Page 368 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

364
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die vrou is daar weg, baie gelukkig dat haar versoek toegestaan is,
en sy het haar Heiland bely.
Dit was die enigste wonderwerk wat Jesus op hierdie reis gedoen
het. Dit was om hierdie wonderwerk te doen dat Hy na die grense
van Tirus en Sidon gegaan het. Hy wou daardie vrou uit haar moei-
likheid help en terselfdertyd ’n voorbeeld stel in Sy werk van genade
teenoor iemand van ’n veragte ras, as les vir Sy dissipels wanneer
Hy nie langer by hulle sal wees nie. Hy wou hulle afwen van hulle
Joodse afsonderlikheid, sodat hulle vir ander sal werk behalwe hulle
eie mense.
Jesus wou baie graag die diep verborgenhede van die waarheid
leer wat vir eeue bedek was, naamlik dat die heidene mede-erf-
gename saam met die Jode sal wees, en “mededeelgenote aan Sy
belofte in Christus deur die evangelie.” Efe. 3: 6. Die dissipels was
traag om hierdie waarheid te leer, en die goddelike Leraar het hulle
les op les gegee. Deur die geloof te beloon van die kaptein te Kaper-
naum, en deur die verkondiging van die evangelie aan die bewoners
van Sigar, het Hy reeds bewys gegee dat Hy nie ook die onverdraag-
saamheid van die Jode toegedaan was nie. Maar die Samaritane het
darem ’n kennis van God gehad; en die kaptein was vriendelik teen-
oor Israel. Nou het Jesus die dissipels in aanraking gebring met ’n
heidense vrou, wat hulle beskou het as iemand wat geen rede gehad
het bo enige van haar rasgenote om ’n guns van Hom te verwag nie.
Hy sou hulle ’n voorbeeld gee hoe om so ’n persoon te behandel.
Die dissipels het gemeen dat Hy Sy genade te vryelik uitgedeel het.
[409]
Hy het getoon dat Sy liefde nie beperk is tot ’n ras of ’n nasie nie.
Toe Hy gesê het, “Ek is net gestuur na die verlore skape van die
huis van Israel,” het Hy die waarheid gepraat, en in Sy werk vir die
Kanaänitiese vrou was Hy besig om Sy sending te vervul. Hierdie
vrou was een van die verlore skape wat Israel moes teruggebring
het. Dit was hulle aangewese werk, die werk wat hulle versuim het
om te doen, wat Christus nou gedoen het.
Hierdie daad het die dissipels beter laat besef watter werk daar
vir hulle was onder die heidene. Hulle het ’n groot arbeidsveld buite
die grense van Judea gesien. Hulle het siele gesien wat droefheid
moes verduur ongeken deur diegene wat meer bevoorreg was. Onder
diegene wat hulle geleer is om te verag, was siele wat verlang het na