Skeidsmure Afgebreek
363
vooroordeel van die Jode, het geantwoord, “Dit is nie mooi om
die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi
nie.” Dit was feitelik ’n bewering dat dit nie regverdig was om die
seëninge gebring aan die begunstigde volk van God op vreemdelinge
en uitlanders buitekant Israel te verkwis nie. Hierdie antwoord sou
’
n minder ernstige soeker heeltemal ontmoedig het. Maar die vrou
het gesien dat haar kans gekom het. Agter die weiering van Jesus,
het sy ’n ontferming gewaar wat Hy nie kon verberg nie. “Ja, Here,”
het sy gesê, “maar die hondjies eet darem van die krummeis wat van
die tafel van hulle base val.” Terwyl die kinders van die huisgesin
aan die vader se tafel eet, word die honde nie sonder kos gelaat nie.
Hulle het reg op die krummeis wat van die oorvloedige tafel val.
Dus, hoewel daar baie seëninge aan Israel gegee word, was daar dan
nie ook ’n seën vir haar nie? Sy is beskou as ’n hond, het sy dan nie
’
n hond se reg op ’n krummeltjie uit Sy volheid nie?
Jesus het Sy vorige arbeidsveld verlaat omdat die skrifgeleerdes
en Fariseërs Hom wou doodmaak. Hulle het gemurmureer en gekla.
Hulle het ongeloof en bitterheid geopenbaar en die saligheid wat so
vry aangebied is, geweier. Hier ontmoet Christus nou ’n ongelukkige
vrou van ’n veragte ras — iemand wat nie begunstig is met Gods
Woord nie; maar sy reageer dadelik op die goddelike invloed van
Christus, en sy het absolute geloof in Sy mag om die guns te gee
wat sy vra. Sy soebat om die krummeis wat van die Meester se tafel
[408]
val. As sy die voorreg van ’n hond mag hê, is sy gewillig om as ’n
hond beskou te word. Sy het geen nasionale of godsdienstige trots
of vooroordeel om haar handelwyse te beïnvloed nie, en sy erken
Jesus dadelik as die Verlosser, en as iemand wat kan doen wat sy
Hom vra.
Die Heiland is tevrede. Hy het haar geloof in Hom getoets. In
Sy handelinge met haar het Hy getoon dat sy wat beskou was as ’n
verworpeling wat Israel betref, nie meer ’n vreemdeling was nie,
maar ’n kind van Gods huisgesin. As kind is dit haar voorreg om te
deel in die Vader se gawes. Christus het nou haar versoek toegestaan
en die les vir die dissipels beklink. Hy het Hom tot haar gewend
met ’n blik van ontferming en liefde en gesê, “o Vrou, groot is jou
geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê.” Van daardie uur af het
haar dogter gesond geword. Die duiwel het haar nie meer gepla nie