Page 366 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

362
DIE KONING VAN DIE EEUE
Christus het hierdie vrou se verknorsing geken. Hy het geweet
dat sy Hom graag wou sien, en Hy het Homself in haar weg gestel.
Deur haar te help in haar droefheid, kon Hy ’n lewende voorstelling
gee van die les wat Hy van plan was om te leer. Dit was met hierdie
doel dat Hy Sy dissipels in daardie streek gebring het. Hy wou hê
dat hulle die onkunde moes sien wat geheers het in stede en dorpe
op die grense van die land van Israel. Die mense wat geleentheid
gekry het om die waarheid te verstaan, het geen kennis gedra van
die behoeftes rondom hulle nie. Geen poging is aangewend om die
siele in duisternis te help nie. Die skeidsmuur wat Joodse hoogmoed
op- gerig het, het selfs die dissipels belet om simpatie te betoon met
die heidense wêreld. Maar hierdie skeidsmure sou afgebreek word.
Christus het nie dadelik geantwoord op die vrou se versoek nie.
Hy het hierdie verteenwoordiger van die veragte volk ontvang soos
die Jode dit sou gedoen het. In Sy eerste ontvangs van die vrou wou
Hy Sy dissipels onder die indruk bring van die kille en gevoellose
manier waarop die Jode so ’n geval sou behandel, en dan moes
hulle die barmhartigheid sien waarmee Hy wou hê dat hulle in sulke
gevalle van ellende moes handel, soos Hy ook eindelik gedoen het
toe Hy haar versoek toegestaan het.
Maar alhoewel Jesus geen antwoord gegee het nie, het die vrou
nie haar geloof opgegee nie. Toe Hy maar aanloop asof Hy haar
glad nie gehoor het nie, het sy Hom gevolg en Hom maar steeds
[407]
gesmeek. Vererg oor haar opdringerigheid, het die dis- sipels Jesus
gevra om haar weg te stuur. Hulle het gesien dat hulle Meester
haar met onverskilligheid behandel het, en hulle het gemeen dat
die vooroordeel van die Jode teen die Kanaäniete Hom welgevallig
was. Maar dit was ’n ontfermende Heiland tot wie die vrou haar
versoek gerig het, en in antwoord op die voorstel van die dissipels
het Jesus gesê, “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis
van Israel.” Alhoewel hierdie antwoord skynbaar gestrook het met
die vooroordeel van die Jode, is dit ook bedoel as bestraffing van die
dissipels, en hulle het dit ook later verstaan as ’n herinnering van
wat Hy hulle so dikwels vertel het, naamlik dat Hy na die wêreld
gekom het om almal te red wat Hom sou aanneem.
Die vrou het haar versoek nog meer dringend herhaal; sy het
neer- gekniel aan Jesus se voete en uitgeroep, “Here, help my!”
Jesus, wat skynbaar nog steeds geweier het met die ongevoelige