Page 365 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Skeidsmure Afgebreek
NA hierdie botsing met die Fariseërs, het Jesus Kapernaum ver-
laat en na die bergstreek gegaan op die grens van Fenicië. Na die
weste kon Hy op die vlakte daar onder die ou stede van Tirus en
Sidon sien, met hulle heidense tempels, hulle pragtige paleise en
handelsentrums, en die hawens vol skeepvaart. Daar anderkant was
die blou Middellandse See wat die draers van die evangelie sou
oor- vaar om die blye tyding te bring aan die vernaamste stede van
die wêreld se groot ryk. Maar daardie tyd het nog nie aangebreek
nie. Die werk wat Hy nou moes doen, was om Sy dissipels voor te
berei vir hulle sending. Hy het na hierdie streek gekom, hopende
om daardie afsondering te vind wat Hy nie by Betsaida kon kry nie.
Maar dit was nie die enigste doel van Sy reis nie.
En ’n Kananese vrou het van daardie gebied gekom en na Hom
geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My
dogter is erg van die duiwel besete.” Matt. 15: 22. Die mense van
daardie distrik w’as afstammelinge van die ou Kanaäniete. Hulle
was afgodedienaars, verag en gehaat deur die Jode. Die vrou wat
nou na Jesus gekom het, was van hierdie mense. Sy was ’n heidin
en dus uitgesluit van die voordele wat die Jode elke dag geniet het.
[406]
Daar het baie Jode onder die Feniciërs gewoon, en die nuus van
Christus se werk het ook daardie streek binnegedring. Sommige van
die mense het Sy woorde gehoor en Sy wonderwerke gesien. Hierdie
vrou het gehoor van die profeet, wat, soos berig is, alle soorte siektes
kon genees. Toe sy van Sy mag gehoor het, het hoop in haar hart
ontvlam. Gedring deur moederliefde, het sy besluit om die geval
van haar dogter aan Hom voor te lê. Sy was vasbeslote om haar
moeilikheid na Jesus te bring. Hy moet haar kind gesondmaak. Sy
het hulp ge- soek by die heidense gode, maar daar het geen beterskap
gekom nie. Soms het sy gedink, Wat kan hierdie Joodse leraar vir
my doen? Maar sy het gehoor dat Hy alle soorte siektes genees, of
die mense wat na Hom toe kom nou ryk is al dan nie. Sy het besluit
om nie haar laaste hoop op te gee nie.
361