Page 363 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tradisie
359
Reinheid en onreinheid het te doen met die siel. Dit is die sondige
daad, die sondige woord, die sondige gedagte, die oortreding van die
wet van God, en nie die versuim om uiterlike, menslike seremonies
na te kom nie, wat die mens besoedel.
Die dissipels het die woede van die spioene gesien toe hulle valse
leer aan die kaak gestel is. Hulle het die kwaai blik gesien en die
gemompel van ontevredenheid en wraak gehoor. Hulle het vergeet
hoe dikwels Christus al bewys gelewer het dat Hy die menslike hart
kon lees soos ’n ope boek, en het Hom vertel van die uitwerking
van Sy woorde. Hopende dat Hy Hom met die verontwaardigde
beamptes sou versoen, het hulle aan Jesus gevra, “Weet U dat die
Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?”
Hy het geantwoord, “Elke plant wat My hemelse Vader nie ge-
plant het nie, sal ontwortel word.” Die gebruike en tradisies wat
so hoog gewaardeer is deur die rabbi’s, was van hierdie wêreld en
nie van die hemel nie. Hoe groot hulle gesag onder die volk ook
mag wees, sou hulle nie die toets van God kon deurstaan nie. Elke
menslike uitvindsel wat gestel is in die plek van die gebooie van
God, sal nutteloos wees in daardie dag wanneer God elke werk sal
bring “in die oordeel wat kom oor al die verborge dinge, goed of
sleg.” Pred. 12: 14.
Die vervanging van die gebooie van God deur die gebooie van
mense het nog nie opgehou nie. Selfs onder Christene vind ons
instellings en gebruike wat geen beter fondament het nie as die
tradies van die vaders. Sulke instellings, rustende op bloot menslike
gesag, het goddelike gebooie vervang. Mense klem vas aan hulle
tradisies en aanbid hulle gebruike, en hulle haat diegene wat hulle
op hulle dwa- lings wys. In ons tyd, wanneer ons die aandag van
mense moet vestig op die gebooie van God en die geloof in Jesus,
[404]
sien ons dieselfde vyandigheid as wat geopenbaar is in die tyd van
Christus. Van die oorblyfsel van God staan daar geskryf, “En die
draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te
maak met haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar
en die getuienis van Jesus Christus hou.” Openb. 12: 17.
Elke plant wat My hemelse Vader nie geplant het nie, sal ont-
wortel word.” God beveel ons om in die plek van die gesag van die
sogenaamde vaders van die kerk, die Woord van die ewige Vader,
die Here van hemel en aarde, aan te neem. Daar alleen sal ons die