Page 362 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

358
DIE KONING VAN DIE EEUE
besteding van hulle goed aan die tempel ’n heiliger plig was as die
onderhouding van hulle ouers; en dat dit, hoe groot die behoefte ook
al, heiligskennis sou wees om aan vader of moeder enige deel van
die goed te bestee wat so aan die tempel gewy is. ’n Onverskillige
kind het maar net nodig gehad om die woord “Korban” uit te roep
oor sy eiendom, wat dit dan aan God sou wy, en dan kon hy dit maar
hou vir sy eie gebruik gedurende sy leef tyd; na sy dood sou dit
gebruik word vir die tempel. So het dit hom dus vry gestaan om, in
lewe of dood, sy ouers te onteer en te beroof onder die dekmantel
van geveinsde toewyding aan God.
Nóg deur woord en nóg deur daad het Jesus die mens se verant-
woordelikheid verminder om offergawes aan God te gee. Dit was
Christus wat al die voorskrifte van die wet gegee het in verband met
tiendes en offergawes. Toe Hy op aarde was, het Hy die arme wedu-
wee geprys wat al haar geld in die skatkis van die tempel gegooi het.
Maar die skynbare ywer vir God van die kant van die priesters en
rabbi’s was slegs ’n dekmantel om hulle hebsug te bedek. Die mense
is deur hulle om die bos gelei. Hulle moes swaar laste dra wat God
nie opgelê het nie. Selfs die dissipels van Christus was nie heeltemal
vry van die juk wat op hulle gelê is deur oorgeërfde vooroordeel en
rab- bynse gesag nie. Nou, deur die ware gees van die rabbi’s aan
die kaak te stel, wou Jesus almal wat regtig begeer het om God te
dien, vrymaak van die slawerny van tradisie.
Geveinsdes,” het hy aan daardie listige spioene gesê, “tereg het
Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk kom na
My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver
van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat
gebooie van mense is.” Die woorde van Christus was ’n aanklag
teen die ganse Farisese stelsel. Hy het verklaar dat die rabbi’s deur
[403]
hulle voorskrifte te verhef bokant die goddelike gebooie, hulleself
bo God verhef het.
Die afgevaardigdes van Jerusalem was woedend. Hulle kon
Christus nie beskuldig as ’n oortreder van die wet by Sinai ge-
gee nie, want Hy het dit verdedig teen hulle tradisies. Die groot
gebooie van die wet, wat Hy voorgestel het, het in duidelike kontras
uitgestaan teen die nietige reëls van mense.
Aan die skare, en later meer volledig aan Sy dissipels, het Jesus
verduidelik dat onreinheid nie van buite nie, maar van binne kom.