Tradisie
357
nietige onderskeidings en dinge wat God nie beveel het nie, is hulle
aandag afgewend van die groot beginsels van Sy wet.
Christus en Sy dissipels het nie hierdie seremoniële wassinge
nagekom nie, en die spioene het die versuim aangegryp as grond
vir hulle beskuldigings. Hulle het egter nie ’n regstreekse aanval
op Christus gedoen nie, maar het Sy dissipels gekritiseer. In die
teenwoordigheid van die skare het hulle gevra, “Waarom oortree U
dissipels die oor- lewering van die ou mense? Want hulle was nie
hulle hande as hulle brood eet nie.”
Wanneer die boodskap van waarheid siele oortuig met spesiale
krag, wek die Satan sy agente op om ’n argument aan die gang te sit
oor die een of ander nietige vraag. So trag hy om die aandag af te
trek van die hoofsaak. Wanneer daar ’n goeie werk begin word, is
daar altyd vitterige mense wat oor vorms en tegniese puntjies stry
en dus die aandag aftrek van die punte wat van werklike belang
is. Wanneer dit duidelik is dat God in ’n spesiale sin wil werk vir
Sy kinders, moet hulle nie toelaat dat hulle in ’n stryery gewikkel
raak wat net die ondergang van hulle siele sal bewerk nie. Die vrae
waarmee ons ons moet besig hou, is: Glo ek met ’n reddende geloof
in die Seun van God? Is my lewe in harmonie met die goddelike
wet? “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die
Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie.” “En hieraan weet
ons dat ons Hom ken, as ons Sy gebooie bewaar.” Joh. 3: 36; 1 Joh.
2: 3.
Jesus het geen poging aangewend om Homself of Sy dissipels
te verdedig nie. Hy het nie verwys na die beskuldiging teen Hom
nie, maar het begin wys op die gees wat hierdie voorvegters van
menslike rites besiel het. Hy het hulle ’n voorbeeld gegee van wat
hulle herhaaldelik doen, en gedoen het net vóór hulle Hom kom
[402]
opsoek het. “Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te
sit,” het Hy gesê, “en so julle oorlewering te onderhou. Want Moses
het gesê: Eer jou vader en jou moeder, en: Hy wat vader of moeder
vloek, moet sekerlik sterwe. Maar julle sê: As ’n mens vir vader of
moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit
is, ’n offergawe — dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy
vader of moeder te doen nie.” Hulle het die vyfde gebod ter syde
gestel as van geen betekenis nie, maar hulle het die tradisies van
die ou mense baie stip nageleef. Hulle het die mense geleer dat die