Page 360 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tradisie
DIE skrifgeleerdes en Fariseërs, in die verwagting dat hulle Jesus
by die Paasfees sou sien, het ’n strik vir Hom gestel. Maar Jesus,
bewus van hulle plan, het weggebly. “Toe kom daar skrifgeleerdes
en Fariseërs van Jerusalem na Jesus.” Omdat Hy nie na hulle gegaan
het nie, het hulle na Hom toe gekom. Vir ’n tyd het dit gelyk of
die mense van Galilea Jesus sou aanneem as die Messias, en dat
die mag van die priesterheerskappy in daardie streek gebreek sou
word. Die sending van die twaalf, wat bewys was van die uitbreiding
van Christus se werk, en wat die dissipels ook regstreeks in botsing
gebring het met die rabbi’s, het opnuut die jaloesie van die leiers in
Jerusalem opgewek. Die spioene wat hulle na Kapernaum gestuur
het tydens die aanvang van Sy bediening, en wat probeer het om
die aanklag van Sabbatont- heiliging teen Hom te bewys, het niks
uitgerig nie, maar die rabbi’s was vasbeslote om hulle doel te volvoer.
Nou het hulle ’n ander afvaardiging gestuur om Sy bewegings dop
te hou, en om die een of ander beskuldiging teen Hom in te bring.
Soos voorheen, was die vernaamste klag dat Hy die tradisionele
voorskrifte wat die wet van God belemmer, veronagsaam het. Daar-
die voorskrifte is gegee om die nakoming van die wet te verseker,
maar hulle is beskou as heiliger as die wet self. Wanneer hulle in
botsing gekom het met die gebooie by Sinai gegee, is die voorkeur
gegee aan die rabbynse voorskrifte.
[401]
Onder die voorskrifte wat baie stip nagekom is, was dié in ver-
band met seremoniële reiniging. Om nie alles te doen wat voorge-
skryf was voor ete nie, is beskou as ’n vreeslike sonde wat gestraf
sou word beide in hierdie wêreld en in die hiernamaals; en om die
oortreder te dood, is as ’n deug beskou.
Daar was ontelbare reëls in verband met reiniging. Mens sou
hulle skaars in ’n hele leeftyd almal kon leer. Die lewe van diegene
wat probeer het om die rabbynse vereistes na te kom, was een lang
stryd teen seremoniële onreinheid, en daar was ’n eindelose reeks
wassinge en reinigings. Terwyl die mense hulle besig gehou het met
356