Die Krisis in Galilea
355
Hoewel ons nie nou die werke en weë van God kan verstaan nie,
kan ons Sy groot liefde sien wat al Sy handelinge met mense ten
grondslag lê. Die persoon wat naby Jesus bly, sal baie verstaan van
die verborgenheid van die godsaligheid. Hy sal die genade begryp
wat vermaan, die karakter beproef, en die bedoelings van die hart
openbaar.
Toe Jesus die toetswaarheid gegee het wat oorsaak was dat so
baie van Sy dissipels Hom verlaat het, het Hy geweet wat die uit-
werking van Sy woorde sou wees; maar Hy het ’n doel van genade
[399]
gehad om te vervul. Hy het voorsien dat elkeen van Sy dissipels
baie swaar sou beproef word in die uur van versoeking. Sy angs
in Getsemane, Sy verraad en kruisiging, sou vir hulle ’n verskrik-
like toets wees. As hulle geen vorige toets gehad het nie, sou vele
wat Hom slegs uit selfsugtige motiewe gevolg het, nog by hulle
gewees het. Toe hulle Here in die geregsaal veroordeel is; toe die
skare wat Hom as hulle koning gegroet, Hom gesmaad en uitgeskel
het; toe die smalende menigte uitgeroep het, “Laat Hom gekruisig
word!”—toe hulle wêreldse ambisies teleur- gestel is, sou daardie
selfsugtige mense, deur hulle trou aan Jesus op te sê, die dissipels,
met al hulle hartseer oor die verydeling van hulle gekoesterde hoop,
in hartverskeurende droefheid gedompel het. In daardie donker uur,
sou die voorbeeld van diegene wat van Hom weggegaan, miskien
ander met hulle meegevoer het. Maar Jesus het hierdie krisis laat
ontstaan terwyl Hy deur Sy persoonlike teenwoordigheid die geloof
van Sy ware volgelinge nog kon versterk.
Ontfermende Verlosser, wat in die volle kennis van die vreeslike
lot wat Hom gewag het, die pad vir Sy dissipels gelykgemaak het,
hulle voorberei het vir hulle uiterste beproewings, en hulle versterk
het vir die finale toets!
[400]