354
DIE KONING VAN DIE EEUE
Met ’n verlangende hart het Jesus gesien hoedat hulle wat eers Sy
dissipels was, Hom, die Lewe en die Lig van die mense, verlaat. Die
besef dat Sy barmhartigheid ongewaardeer, Sy liefde onbeantwoord,
Sy genade versmaai, en Sy verlossing verwerp is, het Hom met ’n
on- beskryflike droefheid vervul. Dit was sulke gebeurtenisse soos
hierdie wat Hom die man van smarte, bekend met krankheid, gemaak
het.
Sonder ’n poging om diegene wat Hom verlaat het te verhinder,
het Jesus Hom na die twaalf gewend en gevra, “Wil julle nie ook
[398]
weggaan nie?”
Petrus het geantwoord deur te vra, “Here, na wie toe sal ons
gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons glo en erken dat
U die Christus is, die Seun van die lewende God.”
“
Na wie toe sal ons gaan?” Die leraars van Israel was slawe van
formalisme. Die Fariseërs en Sadduseërs het gedurig getwis. Om
Jesus te verlaat, sou beteken om te verval onder die dwepers vir
rites en seremonies, en manne wat hulle eie eer wou bevorder. Die
dissipels het meer vrede en vreugde gevind as ooit voorheen vandat
hulle Christus aangeneem het. Hoe kon hulle teruggaan na diegene
wat die Vriend van sondaars gesmaad en vervolg het? Hulle het lank
reeds gewag vir die Messias; nou het Hy gekom, en hulle kon nie Sy
teen- woordigheid verlaat en gaan na diegene wat Sy dood gesoek,
en hulle vervolg het omdat hulle Sy dissipels geword het nie.
“
Na wie toe sal ons gaan?” Nie van die leer van Christus, van
Sy lesse van liefde en genade, na die duisternis van ongeloof, en
die boosheid van die wêreld nie. Terwyl die Heiland verlaat is deur
vele wat Sy wonderwerke gesien het, het Petrus die geloof van die
dissipels betuig met die woorde: “U is die Christus. Net die gedagte
daaraan dat hulle hierdie anker van hulle siel sou verloor, het hulle
met vrees en pyn vervul. Om sonder ’n Verlosser te wees, is soos ’n
drenkeling op die donker, stormagtige see.”
Baie van die woorde en handelinge van Jesus lyk soos verborgen-
hede vir die beperkte menslike verstand, maar elke woord en daad
het ’n bepaalde doel in ons verlossing; elkeen is bestem om bepaalde
resultate te hê. As ons in staat sou wees om al Sy raads- besluite
te verstaan, sou alles belangrik, volkome, en in harmonie met Sy
sending blyk.