Die Krisis in Galilea
353
“
Sy gaffel is in Sy hand, en Hy sal Sy dorsvloer deur-en-deur
skoonmaak en Sy koring saambring in die skuur.” Matt. 3: 12. Dit
was een van die tye van loutering. Deur die woorde van waarheid
was Hy besig om die kaf te verwyder van die koring. Omdat hulle
te trots en eiegeregtig was om die bestraffing aan te neem, te lief
vir die wêreld om ’n lewe van nederigheid aan te neem, het vele
Jesus verlaat. Baie doen vandag nog dieselfde. Siele word vandag
getoets net soos daardie dissipels in die sinagoge van Kapernaum.
[397]
Wanneer die hart oortuig word deur die waarheid, sien hulle dat
hulle lewe nie in harmonie is met die wil van God nie. Hulle sien die
nodigheid van ’n volkome verandering, maar hulle is nie gewillig
om die selfopof- ferende taak te aanvaar nie. Daarom is hulle kwaad
wanneer hulle sondes geopenbaar word. Hulle gaan gekrenk weg,
net soos die dissipels van Jesus, en hulle murmureer en sê, “Hierdie
woord is hard, wie kan daarna luister?”
Lof en vleitaal sou hulle ore streel, maar die waarheid is onwel-
kom; hulle wil dit nie hoor nie. Wanneer die skare volg, die menigtes
gevoed, en die oorwinningskreet gehoor word, kan hulle loftui- tings
ook gehoor word; maar wanneer die deurdringende Gees hulle son-
des openbaar en hulle versoek om dit te versaak, keer hulle hulle rug
op die waarheid en wandel hulle nie meer met Jesus nie.
Toe daardie ontevrede dissipels van Christus weggegaan het, het
’
n ander gees van hulle besitgeneem. Hulle kon niks aantrekliks in
Hom sien wat hulle eers so interessant gevind het nie. Hulle het Sy
vyande opgesoek, want hulle was nou in ooreenstemming met hulle
gees en werk. Hulle het Sy woorde verdraai, Sy verklarings vervals,
en Sy motiewe betwyfel. Hulle het op daardie weg voortgewandel
deur alles te verklik wat teen Hom gebruik kon word; en daar is
sulke verontwaardiging veroorsaak deur hierdie valse berigte dat Sy
lewe in gevaar was.
Die nuus het vinnig versprei dat Jesus van Nasaret, volgens Sy
eie belydenis, nie die Messias is nie. En so is die openbare gevoelens
in Galilea teen Hom beïnvloed, net soos dit die vorige jaar in Judea
gebeur het. Wee vir Israel! Hulle het hulle Verlosser verwerp omdat
hulle ’n veroweraar begeer het wat hulle tydelike mag sou gee. Hulle
wou die voedsel hê wat vergaan en nie die wat die ewige lewe kan
gee nie.