352
DIE KONING VAN DIE EEUE
hulle hulle gekoesterde ambisies sal moet prysgee. Dit verg volkome
oorgawe aan Jesus. Hulle is geroep om selfopofferend, en nederig
van hart te word. Hulle moet die smal pad betree wat deur die Man
van Golgota bewandel is as hulle wil deel in die gawe van die lewe
en die heerlikheid van die hemel.
Die toets was te swaar. Die geesdrif van diegene wat Hom met
geweld wou neem en koning maak, het afgekoel. Daardie toespraak
in die sinagoge, het hulle gesê, het hulle oë oopgemaak. Nou was
[396]
hulle ontgogel. Vir hulle was Sy woorde ’n regstreekse belydenis dat
Hy nie die Messias was nie, en dat daar geen aardse voordeel verwag
kon word deur Hom te volg nie. Hulle het Sy wonderwerkende mag
verwelkom; hulle wou graag verlos wees van siekte en lyding; maar
hulle het nie simpatiek gestaan teenoor Sy selfopofferende lewe nie.
Hulle het niks omgegee vir daardie geheimsinnige geestelike konink-
ryk waarvan Hy gepraat het nie. Die onopregtes, die selfsugtiges,
wat Hom gesoek het, het Hom nie langer begeer nie. As Hy nie Sy
krag en invloed wou gebruik om hulle te verlos van die Romeine
nie, dan wou hulle niks meer met Hom te doen hê nie.
Jesus het aan hulle reguit gesê, “Daar is sommige van julle wat
nie glo nie” . . . . Om hierdie rede het Ek vir julle gesê, dat niemand
na My toe kan kom as dit hom nie deur My Vader gegee is nie. Hy
wou hulle laat verstaan dat as hulle nie tot Hom aangetrokke gevoel
het nie dan was dit omdat hulle harte nie oop was vir die Heilige
Gees nie. “Die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van
God nie aan nie. Want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie
verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” 1 Kor. 2: 14. Dit
is deur die geloof dat die siel die heerlikheid van Jesus kan sien.
Hierdie heerlikheid is bedek totdat geloof aangesteek is in die siel
deur die Heilige Gees.
Deur die openbare bestraffing van hulle ongeloof is hierdie dis-
sipels nog verder vervreem van Jesus. Hulle was baie ontevrede,
en omdat hulle die Heiland wou seermaak om die kwaadwilligheid
van die Fariseërs te bevredig, het hulle hulle rug op Hom gekeer en
Hom met veragting verlaat. Hulle het hulle keuse gedoen — hulle
het die leë vorm geneem sonder die gees, die dop sonder die koring.
Hulle het nooit later van hulle besluit verander nie, want hulle het
nie langer met Jesus gewandel nie.