Die Krisis in Galilea
351
self moet eet om voeding te verkry, so moet ons ook die Woord vir
onsself ontvang. Ons moet dit nie verkry alleen deur die medium
van iemand anders se verstand nie. Ons moet die Bybel grondig
ondersoek, en God vra om die hulp van die Heilige Gees dat ons
Sy Woord mag verstaan. Ons moet een vers neem en onsself dan
daarop toelê om die gedagte te kry wat God vir ons daarin geplaas
het. Ons moet die gedagte oorpeins totdat dit ons eie geword het en
ons weet “wat die Here sê.”
[395]
Sy beloftes en waarskuwings het Jesus ook vir my bedoel. So
lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee
het, sodat ek deur geloof in Hom, nie verlore mag gaan nie, maar
die ewige lewe kan hê. Die ervarings wat in Gods Woord beskryf
word, moet ook my ervarings wees. Gebed, belofte, voorbeeld, en
waar- skuwing is vir my. “Ek is met Christus gekruisig, en ek leef
nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat Ek nou in die vlees
lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad
het en Homself vir my oorgegee het.” Gal. 2: 20. Waar geloof die
beginsels van waarheid so aanneem en assimileer, word hulle deel
van die wese en beweegkrag van die lewe. Die Woord van God, in
die siel ontvang, vorm die gedagtes, en ontwikkel die karakter.
Deur gedurig op Jesus te sien met die geloofsoog, sal ons versterk
word. God sal die heerlikste openbarings gee aan Sy hongerige,
dorstige volk. Hulle sal vind dat Christus ’n persoonlike Verlosser
is. Namate hulle op Sy Woord teer, sal hulle vind dat dit gees en
lewe is. Die Woord vernietig die vleeslike natuur, en deel ’n nuwe
lewe mee in Christus Jesus. Die Heilige Gees kom tot die siel as ’n
Trooster. Deur Sy wederbarende genade word die beeld van God
weer gevorm in die dissipel, en hy word ’n nuwe skepsel. Haat word
vervang deur liefde, en die hart word gelykvormig aan die goddelike
voorbeeld. Dit is wat dit beteken om te lewe “van elke woord wat
deur die mond van God uitgaan.” So word die Brood geëet wat uit
die hemel neerdaal.
Christus het ’n heilige, ewige waarheid gespreek aangaande die
verhouding tussen Hom en Sy navolgers. Hy het die karakter geken
van diegene wat bely het dat hulle Sy dissipels is, en Sy woorde
het hulle geloof getoets. Hy het gesê dat hulle Sy leer moes glo en
daar- volgens moes handel. Almal wat Hom aanneem, sal Sy natuur
deelagtig, en aan Sy karakter gelykvormig word. Dit sal beteken dat