Page 354 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

350
DIE KONING VAN DIE EEUE
Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe,
so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.” Soos die Seun van God
deur geloof in die Vader geleef het, so moet ons lewe deur geloof in
Christus. Jesus het Homself so volkome oorgegee aan die wil van
God dat die Vader alleen in Sy lewe geopenbaar is. Alhoewel Hy net
soos ons in alle opsigte versoek is, het Hy voor die wêreld gestaan
onbesmet deur die sonde wat Hom omring het. Ons moet oorwin net
soos Christus oorwin het.
Is u ’n navolger van Christus? Dan is alles wat geskryf is aan-
gaande die geestelike lewe vir u geskryf, en u kan alles verkry deur
[394]
uself met Jesus te verbind.- Het u ywer verswak? Het u liefde
afge- koel? Neem dan weer die aangebode liefde van Christus aan.
Eet van Sy vlees en drink van Sy bloed, en u sal een word met die
Vader en met die Seun.
Die ongelowige Jode wou niks anders as net die letterlike be-
tekenis van Jesus se woorde sien nie. Deur die seremoniële wet is
hulle belet om bloed te eet, en hulle het nou Christus se woorde ver-
oordeel as heiligskennis, en onder mekaar daaroor begin redekawel.
Ook baie van die dissipels het gesê, “Hierdie woord is hard, wie kan
daarna luister?”
Die Heiland het hulle geantwoord: “Is dit julle tot ’n aanstoot?
Hoe dan as julle die Seun van die mens sien opvaar waar Hy tevore
was? Dit is die Gees wat lewendig maak, die vlees is van geen nut
nie; die woorde wat Ek vir julle sê, is gees en is lewe.”
Die lewe van Christus wat lewe aan die wêreld gee, is in Sy
Woord. Dit was deur Sy woord dat Jesus siekte genees, en duiwels
uitgewerp het; deur Sy woord het Hy die see stilgemaak, en die dode
opgewek; en die mense het getuig dat Sy woord met gesag was. Hy
het die woord van God gespreek, net soos Hy ook deur al die profete
en leraars van die Ou Testament gespreek het. Die hele Bybel is ’n
openbaring van Christus, en dit was die strewe van die Heiland om
die geloof van Sy navolgers op Sy Woord te vestig. Wanneer Hy nie
meer sigbaar by hulle sou wees nie, moes die Woord hulle bron van
krag wees. Soos hulle Meester moes hulle lewe “van elke woord wat
deur die mond van God uitgaan.” Matt. 4: 4.
Net soos ons fisies deur voedsel aan die lewe gehou word, so
word ons geestelik deur die Woord van God aan die lewe gehou. En
elke siel moet vir homself lewe uit Gods Woord ontvang. Soos ons