Die Krisis in Galilea
349
Die Jode sou binnekort die Paasfees te Jerusalem vier om die
nag van Israel se verlossing uit Egipte te herdenk, toe die doodsengel
die eersgeborenes van Egipte getref het. Dit was Gods doel dat hulle
in die paaslam die Lam van God sou sien, en deur daardie simbool
sou hulle Hom aanneem wat Homself gegee het vir die lewe van die
wêreld. Maar die Jode het die simbool verhef as die allerbelangrikste,
terwyl hulle die betekenis daarvan oor die hoof gesien het. Hulle
het nie die liggaam van die Here gesien nie. Christus het dieselfde
waarheid geleer as wat gesimboliseer is deur die Paasfees, maar nog
het die mense dit nie ingesien nie.
[393]
Die rabbi’s het nou gebelgd uitgeroep, “Hoe kan Hy vir ons Sy
vlees gee om te eet?” Hulle het kastig Sy woorde in dieselfde letter-
like sin opgeneem as Nikodemus toe hy gevra het, “Hoe kan ’n
mens as hy oud is, gebore word?” Joh. 3: 4. Hulle het die bedoeling
van Jesus in ’n sekere mate begryp, maar hulle wou dit nie erken nie.
Deur Sy woorde verkeerd te vertolk, het hulle gehoop om die mense
teen Hom te beïnvloed.
Christus het nie Sy simboliese voorstelling nader omskryf nie,
maar Hy het die waarheid nog sterker beklemtoon: “Voorwaar, voor-
waar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens
eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julieseif nie. Hy
wat My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal
hom opwek in die laaste dag. Want My vlees is waarlik spys, en My
bloed is waarlik drank. Wie My vlees eet en My bloed drink, bly in
My, en Ek in hom.”
Om die vlees te eet en die bloed van Christus te drink, beteken
om Hom aan te neem as ’n persoonlike Saligmaker, gelowende dat
Hy ons sondes vergewe en dat ons volmaak in Hom is. Dit is deur
Sy liefde te sien, daaroor te peins, dit in te drink, dat ons Sy natuur
deelagtig word. Wat voedsel vir die liggaam is, moet Christus vir
die siel wees. Voedsel sal ons niks baat as ons dit nie eet en dit
deur ons liggaam opgeneem word nie. So sal Christus ook niks baat
as ons Hom nie as persoonlike Saligmaker ken nie. ’n Teoretiese
kennis alleen help niks nie. Ons moet op Hom teer, Hom in ons hart
ontvang, sodat Sy lewe ons lewe word. Sy liefde, Sy genade moet
geassimileer word.
Maar selfs hierdie beeide kan nie die voorreg van die gelowige
se verhouding tot Christus volkome voorstel nie. Jesus het gesê,