348
DIE KONING VAN DIE EEUE
Jesus het bewys hoe hol daardie aanspraak was, want Hy het gesê,
“
Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na
My toe.” Alleen deur Christus kon hulle die Vader leer ken. Die
mensheid kan nie Sy heerlikheid verdra nie. Diegene wat van God
geleer het, het geluister na die stem van Sy Seun, en in Jesus van
Nasaret sou hulle Hom herken wat deur die natuur en die openbaring
die Vader geopenbaar het.
“
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo het die ewige
lewe.” Deur die geliefde Johannes, wat hierdie woorde gehoor het,
[392]
verklaar die Heilige Gees aan die kerke, “En dit is die getuienis: dat
God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe is in Sy Seun. Hy
wat die Seun het, het die lewe.” 1 Joh. 5: 11, 12. En Jesus het gesê,
“
Ek sal hom opwek in die laaste dag.” Christus het een vlees met
ons geword, sodat ons een gees met Hom kan word. Dit is kragtens
hierdie verbintenis dat ons uit die graf sal voortkom, nie alleen as ’n
openbaring van die krag van Christus nie, maar omdat Sy lewe, deur
die geloof, ons s’n geword het. Diegene wat Christus in Sy ware
karakter sien en Hom in hulle hart aanneem, het die ewige lewe. Dit
is deur die Gees dat Christus in ons woon; en die Gees van God,
ontvang in die hart deur geloof, is die begin van die ewige lewe.
Die mense het Christus herinner aan die manna wat hulle vaders
in die woestyn geëet het, asof die voorsiening van daardie voedsel
’
n groter wonderwerk was as die wat Jesus verrig het; maar Hy wys
nou hoe onvoldoende daardie gawe was, vergeleke met die seëninge
wat Hy gekom het om te gee. Die manna kon maar net die aardse
lewe voed; dit kon nie die dood verhinder of die onsterflikheid gee
nie; maar die brood van die hemel sou die siel voed tot die ewige
lewe. Die Heiland het gesê, “Ek is die brood van die lewe. Julle
vaders het manna in die woestyn geëet en het gesterwe. Dit is die
brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en
nie sterwe nie. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal
het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid.”
By hierdie beeld het Christus nou ’n ander gevoeg. Alleen deur te
sterf, kon Hy die lewe aan die mens gee, en in die woorde wat volg,
wys Hy op Sy dood as die middel tot saligheid. Hy sê, “En die brood
wat Ek sal gee, is My vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal
gee.”