Die Krisis in Galilea
347
Maar die leiers van die volk het hulle vererg, “en hulle het gesê;
Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons
ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal.” Hulle
het probeer om vooroordeel op te wek deur smalend te verwys na
die nederige geboorte van Jesus. Hulle het met veragting gepraat
van Sy lewe as ’n Galilese arbeider, en van Sy familie as arm en
eenvoudig. Die aansprake van hierdie ongeleerde timmerman, het
hulle gesê, is nie hulle aandag werd nie. En omdat Hy op so ’n
geheimsinnige ’wyse gebore is, het hulle geïnsinueer dat Hy oneg
was, en het die menslike omstandighede van Sy geboorte as ’n klad
[391]
op Sy geskiedenis beskou.
Jesus het nie probeer om die geheim van Sy geboorte te verklaar
nie. Hy het nie gereageer op die twyfel dat Hy uit die hemel neerge-
daal het, net soos Hy ook geen antwoord gegee het op die vrae hoe Hy
oor die meer gekom het nie. Hy het nie gewys op die wonderwerke
wat Sy lewe gekenmerk het nie. Uit eie vrye wil het Hy Hom ontledig
en die gestalte van ’n dienskneg aangeneem. Maar Sy woorde en
werke het Sy karakter geopenbaar. Almal wie se harte oop was vir
die goddelike lig, sou Hom herken as die “Eniggeborene wat van
die Vader kom — vol van genade en waarheid.” Joh. 1: 14.
Die vooroordeel van die Fariseërs het dieper gewortel as wat
hulle vrae aangedui het; dit het geskuil in die verdraaidheid van hulle
harte. Elke woord en daad van Jesus het teenstand in hulle harte
verwek, want die gees wat hulle gekoester het, het geen weerklank
in Hom gevind nie.
“
Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het,
hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Dit is
geskrywe in die Profete: En hulle sal almal deur God geleer wees.
Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My
toe.” Niemand sal ooit na Christus toe kom nie behalwe diegene wat
gehoor gee aan die aantrekkingskrag van die Vader se liefde. Maar
God trek alle harte tot Hom, en alleen diegene wat Sy aantrekking
weerstaan, sal weier om na Christus te kom.
Met die woorde, “Hulle sal almal deur God geleer wees,” het
Jesus gesinspeel op die profesie van Jesaja, wat lui: “En al jou
kinders sal deur die Here geleer wees, en die vrede van jou kinders sal
groot wees.” Jes. 54: 13. Hierdie skriftuur het die Jode op hulleself
toe- gepas. Hulle het daarin geroem dat God hulle leraar is. Maar