Page 350 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

346
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die beeid wat Christus gebruik het, was ’n bekende een vir die
Jode. Moses, onder ingewing van die Heilige Gees, het gesê dat “die
mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van
alles wat uit die mond van die Here uitgaan.”’ En die profeet Jeremia
het geskryf, “Toe U woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en U
woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart.” Deut. 8: 3; Jer.
15: 16.
Die rabbi’s het self ’n gesegde gehad, naamlik dat die eet van
brood, in ’n geestelike sin, die studie van die wet en doen van goeie
werke was; en daar is dikwels gesê dat die hele Israel gevoed sou
[390]
word by die Messias se koms. Die leer van die profete het die diep
geestelike les van die vermenigvuldiging van die brode verduidelik.
Dit was hierdie les wat Christus aan Sy toehoorders in die sinagoge
wou ver-duidelik. As hulle die Skrifte verstaan het, sou hulle Sy
woorde verstaan het toe Hy gesê het, “Ek is die brood van die lewe.”
Net die vorige dag is die groot skare, flou en moeg, gevoed deur
brood wat Hy voorsien het. Net soos hulle van daardie brood fisiese
krag en verkwikking ontvang het, sou hulle van Christus geestelike
krag tot die ewige lewe ontvang. “Wie na My toe kom,” het Hy gesê,
sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie;
maar, het Hy daaraan toegevoeg, julle het My gesien” “en tog glo
julle nie.”
Hulle het Christus gesien deur die getuienis van die Heilige Gees,
en deur die openbaring van God aan hulle siele. Die lewende bewyse
van Sy krag was dag na dag voor hulle, en tog vra hulle om nog
n teken. Al sou hierdie teken gegee gewees het, sou hulle net so
onge- lowig bly as voorheen. As hulle nie oortuig is deur wat hulle
gesien en gehoor het nie, sou dit nutteloos wees om hulle nog meer
wonder- werke te toon. Ongeloof sal altyd rede vind om te twyfel,
en sal die mees positiewe bewyse weg redeneer.
Weer het Christus ’n beroep gedoen op hulle trae harte, “Ek sal
hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.” Almal wat Hom in
geloof aanneem, het Hy gesê, sou die ewige lewe hê. Nie een kon
verlore gaan nie. Daar was geen rede vir Fariseërs en Sadduseërs om
te stry oor die toekomstige lewe nie. Mense hoef nie langer te treur
in hopelose droefheid oor hulle dode nie. “Dit is die wil van Hom
wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo,
die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.”