Die Krisis in Galilea
345
het wel eenmaal die skare met garsbrode gevoed, maar in die tyd
van Moses is Israel vir veertig jaar met manna gevoed, en ver groter
seëninge word verwag van die Messias. Hulle ontevrede harte het
gevra waarom Jesus, aangesien Hy soveel wonderwerke kon doen
soos die wat hulle gesien het, nie ook gesondheid, krag, en rykdom
aan al Sy volk kon gee, hulle kon bevry van hulle verdrukkers, en
hulle tot mag en eer verhef nie? Die feit dat Hy daarop aanspraak
maak dat Hy deur God gestuur is, en nogtans geweier het om Israel
[389]
se koning te wees, was ’n verborgenheid wat hulle nie kon verstaan
nie. Sy weiering is verkeerd vertolk. Baie het tot die gevolgtrekking
gekom dat Hy dit nie wou waag om Sy aansprake te handhaaf nie
omdat Hy self getwyfel het aan die goddelike aard van Sy sending.
So het hulle hulle harte oopge- maak vir ongeloof, en die saad
wat die Satan gesaai het, het die vrugte gedra van misverstand en
afvalligheid.
Nou het ’n rabbi, half spottend gevra, “Watter teken doen U dan,
sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U? Ons vaders het manna in
die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan
hulle gegee om te eet.”
Die Jode het Moses geëer as die gewer van die manna, hulle het
die werktuig geloof en Hom uit die oog verloor deur wie die werk
gedoen is. Hulle vaders het gemurmureer teen Moses, getwyfel,
en sy goddelike sending geloën. Nou, in hierdie selfde gees, het
die kinders die Een verwerp wat die boodskap van God aan hulle
gebring het. “En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir
julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee
het nie.” Die Gewer van die manna was op daardie oomblik onder
hulle. Dit was Christus self wat die Hebreërs deur die woestyn gelei
en hulle daeliks gevoed het met die brood van die hemel. Daardie
voedsel was ’n sinnebeeld van die ware brood uit die hemel. Die
lewegewende Gees, vloeiende van die onmeetbare volheid van God,
is die ware manna. Jesus het toe gesê, “Die brood van God is Hy wat
uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.” Joh. 6: 33.
Nog menende dat dit tydelike voedsel was wat Jesus bedoel het,
het sommige van Sy toehoorders uitgeroep, “Here, gee ons altyd
hierdie brood.” Toe het Jesus reguit aan hulle gesê, “Ek is die brood
van die lewe.”