344
DIE KONING VAN DIE EEUE
Na ’n tyd is Hy na die sinagoge, en daar het diegene wat van
Betsaida gekom het, Hom gevind. Hulle het van Sy dissipels gehoor
hoe Hy oor die meer gekom het. Die kwaai storm, die baie ure van
gesukkel teen die wind, die verskyning van Christus lopende op
die water, hulle vrees, Sy gerusstellende woorde, die poging van
Petrus om op die water te loop en die gevolge, die skielike stilte
wat daar gekom het — alles is haarfyn aan die verbaasde skare
vertel. Maar nie tevrede daarmee nie, het baie Jesus gevra, “Rabbi,
wanneer het U hier gekom?” Hulle het gehoop om van Sy lippe
verdere besonder- hede van die wonderwerk te hoor.
Jesus het nie hulle nuuskierigheid bevredig nie. Met droefheid
het Hy gesê, “Julie soek My nie omdat julle tekens gesien het nie,
maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.” Hulle
het Hom nie uit ’n waardige motief gesoek nie, maar daar hulle met
die brode gevoed is, het hulle gehoop om nog verdere voordeel te
trek deur hulle by Hom te voeg. Die Heiland het aan hulle gesê,
“
Moenie werk vir die spyse wat vergaan nie, maar vir die spyse wat
bly tot in die ewige lewe.” Moenie net stoflike voordeel soek nie.
Die vernaamste poging moenie wees om voorsiening te maak vir
hierdie lewe nie, maar soek geestelike voedsel, ja, daardie wysheid
wat sal duur tot in die ewige lewe. Dit kan alleen die Seun van God
gee; “want Hom het God, die Vader, verseël:”
Vir die oomblik is die belangstelling van die hoorders opgewek.
Hulle het uitgeroep, “Wat moet ons doen om die werke van God te
volbring?” Hulle het baie en swaar werke verrig om hulleself in die
guns van God te bring; en hulle was gereed om aandag te skenk aan
enige nuwe ding om te onderhou, waardeur hulle groter verdienste
sou verkry. Hulle vraag het bedoel: Wat moet ons doen om die hemel
[388]
te verdien? Wat is die prys wat ons moet betaal om die ewige lewe
te verkry?
“
Jesus antwoord en sê vir hulle: Dit is die werk van God, dat
julle in Hom glo wat Hy gestuur het.” Die prys van die hemel is
Jesus. Die weg tot die hemel is deur geloof in “die Lam van God
wat die sonde van die wêreld wegneem.” Joh. 1: 29.
Maar die mense wou nie hierdie goddelike waarheid aanneem
nie. Jesus het juis daardie werk gedoen wat die profesieë voorspel
het dat die Messias sou doen; maar hulle het nie die werk gesien
wat hulle selfsugtige hoop geskilder het as Sy werk nie. Christus