Page 347 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Krisis in Galilea
TOE Christus die mense belet het om Hom koning te maak, het
Hy geweet dat die keerpunt in Sy geskiedenis gekom het. Skares wat
Hom vandag wou koning maak, sou more hulle rug op Hom keer.
Die teleurstelling van hulle selfsugtige strewe sou hulle liefde in
haat laat verander, en hulle lofbetuigings in vervloeking. En nogtans,
alhoewel Hy dit geweet het, het Hy geen stappe gedoen om die krisis
te ver- my nie. Reeds van die begin af het Hy aan Sy navolgers geen
hoop op aardse voordeel voorgehou nie. Aan een wat aansoek gedoen
het om ’n dissipel te word, het Hy gesê: “Die jakkalse het gate en die
voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek
waar Hy Sy hoof kan neerlê nie.” Matt. 8: 20. As mense die wêreld
saam met Christus kon behou, sou groot getalle getrouheid aan Hom
betuig het; maar sulke diens sou Hy nie aanneem nie. Van diegene
wat Hom destyds gevolg het, was daar baie wat dit gedoen het met
die hoop op ’n wêreldse koninkryk. Hulle moes tot ontnugtering
gebring word. Die diep geestelike les van die vermenigvuldiging van
die brode is nie begryp nie. Dit moes verduidelik word. En hierdie
nuwe openbaring sou ’n nog swaarder toets meebring.
Die wonderwerk in verband met die brode het wyd en syd rug-
baar geword, en baie vroeg die volgende more het die mense ge-
stroom na Betsaida om Jesus te sien. Hulle het in groot getalle oor
[387]
land en oor die meer gekom. Diegene wat Hom die vorige aand
verlaat het, het weer teruggekom, verwagtende om Hom nog daar te
vind, want daar was geen skuit waarmee Hy oor die meer kon gaan
nie. Maar hulle het tevergeefs gesoek, en vele is na Kapernaum om
Hom te soek.
In die tussentyd het Hy in Genesaret aangekom, na n afwesig-
heid van slegs een dag. Sodra dit bekend geword het dat Hy daar
aangeland het, het die mense “in daardie hele omtrek rondgeloop en
begin om die wat ongesteld was, op bedde rond te dra na die plek
waar hulle hoor dat Hy was.” Markus 6: 55.
343