Page 344 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

340
DIE KONING VAN DIE EEUE
word. Soos ’n moeder in tere liefde waghou oor haar kind, so het
die barmhartige Meester waggehou oor Sy dissipels. Toe hulle harte
en hulle onheilige ambisie tot bedaring gekom en hulle boetvaardig
gebid het om hulp, toe is dit gegee.
Op die oomblik toe hulle gemeen het dat dit klaarpraat met hulle
was, het ’n ligstraal ’n geheimsinnige gedaante getoon wat op die
water na hulle toe aangekom het. Maar hulle het nie geweet dat dit
Jesus was nie. Die Een wat gekom het om hulle te help, het hulle
beskou as ’n vyand. Hulle is deur vrees oorweldig. Die hande wat
die roeispane vasgehou het met spiere van yster het nou laat los. Die
skuitjie word heen-en-weer geslinger deur die branders; alle oë is
nou gevestig op die gedaante van ’n man, lopende op die skuimende
waters.
Hulle het gedink dat dit ’n voorbode was van hulle einde, en
hulle het geskreeu van vrees. Jesus het aangekom asof Hy hulle wou
verbygaan; maar hulle het Hom herken, en om Sy hulp geroep. Hulle
geliefde Meester draai om; Sy stem verban hulle vrees, “Dis Ek!
Moenie skrik nie.”
Toe hulle tot besinning kom en sien dat dit waarlik Hy is, was
Petrus byna onkeerbaar van blydskap. Hy kon nog skaars glo, en hy
het uitgeroep, “Here, as dit U is, gebied my om op die water na U te
kom. En Hy sê: Kom!”
Siende op Jesus, het Petrus veilig op die water geloop; maar toe
hy in selftevredenheid omkyk na sy maats in die skuit, het hy sy oë
afge wend van die Heiland. - Die wind woed kwaai. Die branders
[384]
styg hoog en kom tussen hom en die Meester, en hy word bang. Vir
n oomblik kan hy Christus nie sien nie, en sy geloof begeef hom.
Hy begin te sink. Maar in die kake van die dood het Petrus sy oë
van die onstuimige waters afgeneem, sy blik op Jesus gevestig, en
geskreeu, “Here, red my!” Dadelik het Jesus sy uitgestrekte hand
gegryp en gesê, “Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?”
Saam het hulle gestap, Petrus se hand in die van sy Meester, en
saam in die skuit geklim. Maar Petrus was nou gedwee en stil. Hy
het niks gehad waaroor hy voor sy maats kon spog nie, want deur
ongeloof en selfverhefung het hy byna sy lewe verloor. Toe hy sy oë
van Jesus afgeneem het, het sy voete gewankel en hy het begin sink.
Hoe dikwels is ons soos Petrus wanneer ons in die moeilikheid
kom! Ons kyk op die branders pleks van ons oë op die Heiland